Toe gebeur ‘n ontstellende ding

Die Israeliete was in ballingskap. Die tempel in Jerusalem was afgebreek. Baie jare het intussen verloop.

Toe kondig koning Kores van Persië aan dat God aan hom die opdrag gegee het om die fondse en ander middele te voorsien en ‘n klompie Israeliete uit spesifieke stamme terug te stuur Jerusalem toe sodat die tempel herbou kon word.

Daar was egter ook teenkanting hierteen en met ‘n slinkse plan word die bouwerk gestop vir ‘n lang tyd. Later, met koning Darius van Persië aan bewind, is die bouwerk voltooi.

Esra was baie toegewyd aan God en het dit wat in God’s Woord staan, uitgeleef.

Hy het gehoor dat daar van die bannelinge wat teruggekeer het, met heidense vroue getrou het en hul heidense praktyke aangeleer het. Ek glo werklik dat God nie ‘n probleem het met heidense vroue wat tot geloof gekom het nie, maar wel as hulle as gevolg van hierdie huwelike van God afvallig geword het.

Daar is ondersoek ingestel en hierdie verskriklike besluit is geneem: Die heidense vroue en hul kinders moes terug gaan na hulle lande waar hul vandaan gekom het! Ek kan nie ‘n reeks oor vroue in die Bybel doen en hierdie verskriklike ding oorslaan nie. Dis vrouens wat hul mans liefhet! Dis gesinne met pappas en mammas en kinders. 

Maar God vereis gehoorsaamheid. 

Ek is só dankbaar dat ek, ‘n nie-Jood, deur Jesus Christus toegang tot God kon kry.

Oor hierdie storie wil ek sê, ek praat dit nie reg nie, ook nie weg nie. Maar wat ek wel weet, is dat God van ons gehoorsaamheid vereis en dat ons veral daarteen moet waak om ons vryheid in Christus te misbruik om die Bybel te verdraai en te verskeur om ons eie wille en grille te pas.

Eksodus 20:6: “Maar ek betoon my liefde tot aan die duisendste geslag van dié wat My liefhet en my gebooie gehoorsaam.”

(Die verhaal is opgeteken in Esra)

Groete

Toortsie

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse: Toe kom die lorrie

Toortsie by Pinterest

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Geleefde Christenskap, Toortsie se dagstukkies op Sondae, Vroue in die Bybel. Bookmark the permalink.

7 Responses to Toe gebeur ‘n ontstellende ding

  1. seegogga sê:

    Sjoe ja. Dis erg. En net genade dat dit nog met ons hier goed gaan

    Liked by 1 person

  2. AWETHENTIQ sê:

    Nie veel mense lees hierdie stuk raak nie. As ons verby die letterlike kyk, sien ons die simboliek, die gesindheid wat ons moet aanneem. Dit gaan daaroor om.nie met ongelowiges in vennootskap te wees nie. Om ook geestelik suiwer te bly. Interessante stukkie Skrif is 1 Kor 5:9-12/13.

    On 25 Feb 2017 23:54, “Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog” wrote:

    > Toortsie posted: “Die Israeliete was in ballingskap. Die tempel in > Jerusalem was afgebreek. Baie jare het intussen verloop. Toe kondig koning > Kores van Persië aan dat God aan hom die opdrag gegee het om die fondse en > ander middele te voorsien en ‘n klompie Israeliet” >

    Like

  3. Kameel sê:

    Ek is baie baie bly ek het nie in die OT tyd geleef nie. Maar ‘n mens kan verstaan hoekom hierdie heidense vroue teruggestuur is.

    Liked by 1 person

  4. Ja die Jode het is maklik beinvloed deur die heidene, tog is God se genade so groot om hulle elke keer weer terug te neem. Vroue het n groot invloed. Dis hartseer, besef jy, dat gesinne opgebreek word agv hierdie reel.
    Wonder net, wat vd vroue wat hul tot God bekeer het, moes hulle ook terug?

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s