Hoe het Toortsie gebeur?

Iemand vra dit vir my, toe dink ek, dis ‘n lekker onderwerp! 

Iewers het ek skielik erg vereensaam op die plaas. My kinders het die huis begin verlaat. My adminwerk het meer geraak en ek kon nie meer so gereeld by buurvrouens gaan kuier nie. My beste vriendinbuurvrou het dorp toe getrek. 

My dogter is na ‘n skool op ‘n ander dorp ter wille van ‘n lewensbelangrike vak. Dit het meegebring dat ek my eie dorp se mense begin verloor het en nie regtig die ander dorp s’n leer ken het nie. Ek wil dadelik byvoeg dat daardie dorp se mense vir my baie goed was. 

Toe kyk ons die fliek, Julie, Julia en ek besef: Dis wat ek moet doen! Ek is ‘n prater en het soveel om te praat en terselfdertyd kry ek intelligente geselskap op die koop toe! 

‘Madelé oor leef’ het ontstaan, maar nie oorleef nie. Ek het deur baie sielewroeging gegaan oor waarmee ek besig was. Dit het soveel tyd in beslag geneem. Is dit nie sonde nie? 

Al waaroor ek wou praat, was my blog!

Toe, een nag, vee ek dit af nadat ek ‘n vreemde grillerigheidjie ervaar het. 

Toe kom die onttrekkingsimptome. 

Ek probeer blog op Facebook, maar dis net nie dieselfde nie. 

En toe gebeur Toortsie! Ag hoe lekker. Almal is nou al gewoond daaraan, ek kry nie meer vreemde opmerkings nie. En ek? Ek geniet elke oomblik. 

Nou kan ek net vir almal sê: As jy ooit sou voel om so iets te doen, doen dit! Skryf is heerlik. Ekself het so ontwikkel in my menswees danksy blogging. Tot vandag toe het ek nog nie teruggekyk nie. Ek leef ‘n passie uit wat ek nie eers geweet het ek het nie! Dis soos ‘n geskenk van God af in my later lewe. 

Mooi loop! Leef jou passie uit, wat dit ookal is ! 

So nou dink ek, as nagedagte nadat Seegogga haar verhaal ook geskryf het, wat van julle ander? Hoe het julle blogs begin? Skryf bietjie en onthou om my te tag. 

Toortsie

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page
Toortsie se Facebook page
Finesse Blogger of the week
Finesse: Ek is nie ‘n minimalis nie.
Toortsie by Pinterest

 

23 thoughts on “Hoe het Toortsie gebeur?

  1. Ek was nou vir paar maande van die bloggery weg en heg oorweg om myne te delete maar vie ander redes. Ek het eintlik beig blog in April verlede jaar alhowel my blog in 2013 begin het. My blog storie het uit en uit begin na aanleiding van dit wat die Here in my lewe gedoen het tydens ‘n siekte.

    Liked by 3 people

Gesels saam, asseblief!