Skommel

As ek so skryf oor my trekkery dan sou mens kon dink dat ek die eerste en enigste mens is wat nog ooit getrek het. Ja, elke liewe dag is daar hordes mense wat trek. Daar’s mense wat elke liewe maand na ‘n ander plek trek. Spaar my tog dit asseblief!

Sonder om te veel te sê, wil ek sê dat ons storie ietwat anders is. Ek is deel van ‘n veel groter proses wat al in November verlede jaar begin het. Baie meer mense as net ek word hierdeur geraak. Dis ‘n behoorlike omwenteling!

In die Desembervakansie het die Here vir my hierdie prentjie gewys, van die mooiste landskap, maar om daar uit te kom, moet jy deur ‘n erg gevaarlike bos beweeg. Ek dink ek is nou in daardie bos! 😱 Groot besluite word geneem, groot veranderinge gebeur.

Dit gaan woes, die lewe gebeur mos steeds, die koeie paar steeds en kalf en gee melk, die werkers werk steeds en moet betaal word. Dis kantoorwerk en en en. Ag julle weet mos!

Maar nou die aand, toe ek sê ek gaan darem vannag lekker slaap, dink die ou duiwel anders en hy oorval my met angs. In plaas van lekker slaap, bewe ek, want ek is bang! Ek loop op en af in die huis, my maag is onderstebo, dan doen ek kantoorwerk wat immer agterstallig is, dan pak ek ‘n paar bokse, dan probeer ek weer slaap, net sodat die ongediertes in die bos my kan pla. Op ‘n stadium maak ek my man wakker en sê, ‘Ek is bang!’

Iewers in die nag sluip ek in die gang af, haal ‘n Bybel van die rak af en maak dit sommer net oop. Sonder om te soek, sonder dat daar ‘n boekmerk by is, val my Bybel oop by Psalm 33 waarin God vir my bevestig dat ek nie bang hoef te wees nie, dat Hy my beskerm.

En ek dink by myself, hoe simpel kan jy wees? Die dinge is in plek, daar’s kundiges wat ons raad gee waar nodig. Die trek is ook glad nie ‘n krisis nie!

Die duiwel het my nie weer gepla nie, hy weet van beter, want ek het presies loop doen wat hy nie wou hê nie: Ek het by die Vader se veilige voete gaan sit.

Die lewe is ‘n reis, ons moet hom net loop in vertroue dat ons Vader weet wat Hy doen, selfs as die paadjie deur ‘n donker bos loop. Ons hand in Sy veilige hand. Dan kan die uile en spinnekoppe en slange net vir jou loer sonder om jou iets aan te doen.

Mooi loop! Geniet die dag!

En as jy wonder, ek’s ‘n dapper muis!

O en terloops, as julle wonder wat die ‘skommel’ titel beteken? Ek benoem altyd bulle na iets wat ek beleef. So as jul ooit ‘n Skommel bul teëkom, hy’s laasweek gebore. 🙂

What can be better than waking up to the sound of sheep in your ears? (Daily prompt: Sound)

Toortsie

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse: Toe kom die lorrie

Toortsie by Pinterest

17 thoughts on “Skommel

  1. Sterkte met al julle reelings en besluite. Ek ken daardie selfde bang gevoel oor d toekoms. Ek hou van avontuur maar is bang vir verandering. Bid en glo en vertrou is al wat daarvoor help so ek glo jy is nie meer so bang nie.

    Liked by 1 person

  2. Dit is vir my altyd so wonderlik dat die Here so getrou is om Woord te gee. Tweede getuienis wat ek die week oor dieselfde vers hoor. Lekker slaap.

    Like

Gesels saam, asseblief!