Toortsie se voelgoedstorie nr 14 – Die storie of die foto?

Die storie? Of die foto?

Soms het ek ‘n storie in my kop, maar nie ‘n foto om daarby te pas nie. Ander kere, weer, het ek die foto, maar nie die storie nie.

Dis maar hoe die lewe werk! Alles gebeur nie altyd soos ‘n mens dit graag sou wou hê nie. Alles werk nie altyd perfek uit soos jy dit in jou kop gehad het nie.

My man het ‘n paar jaar gelede ‘n klompie donkies by ‘n buurman present gekry. As daar donkies saam met skape loop, keer dit blykbaar die ongediertes weg, sê hulle. Kan jy glo! Om inteling te verhoed, het ons ‘n pragtige hings geleen by iemand anders. Ons eie hingste en merries is van mekaar geskei en die merries het nou lank saam met die geleende hings geloop.

En wat sal ek nou die dag sien? Vier merries, elkeen met ‘n klein vulletjie! So pragtig! Beslis ‘n foto werd.

Ek het dit aan manlief genoem dat ek graag ‘n foto van hierdie troppie merries en vulletjies wou neem en toe ons Sondag van die kerk af kom, hou hy verby ons afdraaipad om die donkies te gaan afneem. 🙂

So nou het ek die foto, maar nie ‘n storie nie!

Behalwe dalk hierdie storie: Om jou lewe na die beste van jou vermoë te leef, met dit wat beskikbaar is, sonder om die hele tyd te verlang na die iets wat kort; Om die beste van vandag te maak. Dis mos wat Hebreërs vir ons sê: Solank daar nog ‘n vandag is …

Laat ons hierdie vandag vasgryp en dit voluit leef, tot eer van God.

Groetnis

Toortsie

My manlief het hierdie foto geneem.

foto-by-finesse-14-die-storie-of-die-foto

Come on, let’s stop all the seriousness and have some fun. Enjoy the donkeys! 🙂

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse: Ek is nie ‘n minimalis nie.

Toortsie by Pinterest

21 thoughts on “Toortsie se voelgoedstorie nr 14 – Die storie of die foto?

  1. Baie mooi foto.Ek dink die foto spreek iets,al sou niks geskryf word nie.’n Ongelooflike Bybelse dier.Die akteur Zak Hendriks boer met donkies en die program is so tydjie gelede oor Kwela uitgesaai.Jy het dit seker gesien.’n Donkie bly ‘n wonderlike ding.
    Groetnis.

    Like

  2. Ek is mal oor donkies. Die donkies in Egipte en Israel is aansienlik kleiner as ons s’n. Dit was vir my so wreed om daai klein lyfies n donkiekar te sien trek. Ag Toortsie gaan omhels een van die ou vulletjies vir my part.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!