Neem verantwoordelikheid, na aanleiding van Annien Botha

Annien Botha het my geïnspireer om hierdie bloginskrywing geskryf. Sy skryf oor die verantoordelikheid neem ten opsigte van jou gesondheid.

Maar ek wil dit baie verder neem.

Ons het lui geword. O ja, ons werk harder as ooit! Ons staan soggens watter tyd op om te begin jaag om betyds by ons werk te kom, die verkeer aan te durf, ons beste te gee by die werk, die kinders op hulle plekke te kry, aandkos te maak, huis skoonmaak, almal betyds in die bed kry en totaal uitgeput in ons bed neerplons, net om gou ‘n bietjie rus te kry voor die wekker ons wakker skree om net weer die gejaag môre van voor af te begin.

Intussen laat ons ons kinders opvoed deur ander mense, ons skeep ons geestelike lewe af, ons kom nie by God uit nie, nie by ons man uit nie, nie by ons kinders uit nie. Te moeg vir seks, te moeg vir ontspanning saam met jou gesin, want IEWERS moet jy by jouself uitkom.

Die skuldgevoelens vreet ons senuwees op, ons verstand werk oortyd net om onsself te oortuig dat dit wat ons doen, die beste is vir ons gesin.

Intussen raak ons sieker en sieker, moet ‘n pilletjie gryp vir elke ding, ons raak moedeloser en kan nie meer die lewe in die oë kyk nie. Ons deursettingsvermoë is lankal by die agterdeur uit omdat die lewe net heeltemal te veel van ons vereis.

Maar JY kan dinge verander. Nie alles op een slag nie! Stukkie vir stukkie. As jy by God uitkom, as jy vir Hom vra, sal Hy vir jou wys waar die antwoorde lê, die krag gee om dit te doen.

MAAR DAN MOET JY DIE VERANTWOORDELIKHEID DAARVOOR IN JOU EIE HANDE SIT. Ja, dis nie altyd so maklik nie, jy het ‘n hele gesin wat almal hulle insette wil lewer. Maar dit is HEELTEMAL MOONTLIK. Neem daardie verantwoordelikheid. Kyk om jou rond. Wat kan jy anders doen? Wat kan jyself doen en dalk nie vir iemand anders betaal om te doen nie? Wat kan julle as ‘n gesin anders doen om dalk meer tyd saam te spandeer en terselfdertyd ‘n hele klomp druk van julle af te haal?

Doen dit wat JY kan doen, anders, beter, meer produktief. Bring JY die verandering in jou gesin, jou huwelik.

Ekself het nog ver om te vorder, maar uit eie ondervinding kan ek openhartig getuig: DIT WERK. Begin net om die verantwoordelikheid van klein dingetjies op jou skouers te neem en leer en help jou man om die dinge waarvoor hý veranwoordelik is, te doen. MOENIE ‘N BEHEERVRAAT WEES NIE!

Neem beheer van jouself. Neem verantwoordelikheid vir jouself. Gaan lees asb HIERDIE BLOGINSKRYWING.

LUKEWARM is a very dangerous state to be in. Not cold. Not hot. TAKE RESPONSIBILITY for your life. Get out of the state of LUKEWARMITY!

Toortsie

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse: Ek is nie ‘n minimalis nie.

Toortsie by Pinterest

5 thoughts on “Neem verantwoordelikheid, na aanleiding van Annien Botha

Gesels saam, asseblief!