Saam-saam
Ons het mos die laaste paar jaar regtig baie selfstandig geword. Eintlik het ons mekaar amper nie meer nodig nie. Ek doen die ding op my manier op my eie tyd en basta die res.
Die tegnologie maak dinge soveel makliker, die wêreld het klein geword, ons kan heeltemal op ons eie regkom. Maar kan ons? Kan ons regtig so op ons eie regkom, elkeen op sy eie mishoop?
Ek het verlede jaar ‘n groot projek aangepak, wat ek heeltemal op my eie wou doen. God het egter anders gedink oor hierdie saak en het vir my elke keer nóg iemand op my pad gesit met hulp, raad, bystand en veral talente wat ek nie het nie. Ewe skielik het my ou skamele poginkie óns wonderlike projek geword waar verskillende mense met fantastiese talente elkeen haar bydrae kon maak en ‘n eindproduk gegee het wat ver bo my verstand of vermoë was.
Want ons het mekaar nodig. Ek glo vas dat God nie bedoel het ons moet elkeen sy eie potjie krap, ‘man-man vir homself’, as ek nou die plaaswerkers se woorde mag aanhaal, nie.
Hierdie skrywery vir die voelgoedblog is ‘n heerlikheid, ‘n voorreg, ‘n fees, maar daar is ‘n stertjie aan. By elke storie moet ‘n foto kom en die uwe is geen fotograaf nie. Ek neem, op my beste, mik-en-drukkies met my selfoon, so wát gaan ek maak?
Weer eens, vra hulp! Daar is sóveel mense wat my tog te graag wil help. Weer eens kom ek tot die besef: God bedoel nie dat ek alles self en op my eie moet doen nie. Juis deur ander te gebruik in die uitbou van my eie talente, ontwikkel die ander persoon ook syne.
Saam-saam is ons baie beter!
Groetnis
Toortsie
Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page
Toortsie se Facebook page
Finesse Blogger of the week
Finesse: Ek is nie ‘n minimalis nie.
Toortsie by Pinterest
Dit is so waar, Toortsie. Ek is lui om vir hulp te vra, probeer gewoonlik eers self regkom. Maar in die proses weerhou ons ander van ‘blessings’, en ook onsself.
LikeLike
Mens voel nie om ander te pla nie, daarom doen jy dit sommer self. Mens dink almal is so besig. Tog is daar regtig mense wat graag wil help! 🙂
LikeLike
Die Bybble se hoeka: hy wat alleen slaap, kry koud.
LikeLiked by 1 person
Praat jy! En dan slaap jy glad nie lekker nie!
LikeLike
Bybel
LikeLike
Hoekom is vra so moeilik vir ons? Ek love dit om ander te help en is bly as iemand die vrymoedigheid het om my te vra. Tog ai, wil ons so op ons eie voetjies staan. Ons ontneem regtig ander van blessings.
LikeLike
Ek dink dit het te doen met die vrywording van die vrou. Ons moet nou so onsself bewys, in beheer wees, ons mag nie wys ons het iemand anders nodig nie.
LikeLike
Dink jy ons kan so stukkie vd emasipasie van die vrou uitvee om net weer bietjie vry te word om weer te kan vra.
LikeLike
Weet nie? Wat dink jy?
LikeLike
Self…. dit begin mos al vroeg vroeg in ons lewe. Ek wil self my skoene vasmaak, ek wil self aantrek…. en dan self ons maar voort deur die lewe. As ek eerlik moet wees hou ek nie van in ‘n groep werk nie…. ek wil self. Lekker naweek vir jou.
LikeLiked by 1 person
Ek ook! Maar met my boek het ek gesien wat hulp vir my beteken. So trek ek ook self. Hoe simpel kan mens wees!
LikeLiked by 1 person
Sê jy ek is simpel? Hoe moet ek nou voel so voor die naweek 😢 Spanwerk is seker lekker…. maar ek hou maar nogsteeds van self. Tot die bybel sê saam maak ons ‘n geheel…. jy weet die kop kannie vir die voete sê ek het jou nie nodig nie ens. Ai, ek sukkel maar met die een.
LikeLike
Nee man! Ek is die simpel een! 🤡
LikeLike
En tegnologie het dit nog makliker kom maak. Maar tegnologie is yskoud en die mens het ‘n stukkie warmte van ‘n medemens nodig op die beste v tye…
LikeLiked by 1 person
Absoluut!
LikeLiked by 1 person