Skryf ‘n opstel: Sprei jou vlerke

Sal dit ‘n mamma wees of ‘n tiener wat op Google getik het: Bespiegelende opstel oor ‘Sprei jou vlerke’.  

As dit ‘n mamma is, het ek vir jou goeie nuus! Dis NOU die kans om jou vlerke te sprei! Doen dit nou! Sprei jou vlerke en doen dit wat jy nog altyd na gesmag het. Gee jou kind vlerke deur vir homself die geleentheid te gee om sy eie opstel te skryf! In die proses sprei beide van julle julle vlerke om nuwe hoogtes te bereik.

Liewe tiener, gebruik jou kans! Wat is daar wat jy nog altyd wou doen? Wat is jou drome? Wat wil jy graag doen? Hier is jou kans!

Want hierdie is net ‘n opstel, so droom groot. Sprei jou vlerke.

Skryf van jou droom. Wat is nodig om jou droom te bereik? Watter kursus sal jy moet doen om daardie droom te bereik? Het jy toerusting nodig? Hoe lank neem dit om die kursus te doen? Gaan jy praktiese ondervinding nodig hê? Wat is die koste, hoeveel geld het jy nodig? Watter stappe is nodig om daar uit te kom?

Maar dis nie waar dit stop nie! Dis mos ‘n bespiegelende opstel. So bespiegel ‘n bietjie wat hierdie droom vir jou gaan beteken. Hoe gaan dit jou lewe beïnvloed? Sal jy dit as getroude persoon kan doen of sal dit dalk van jou vereis om eerder ongetroud te bly? Kleur dit in! Gaan mal! Maak dit iets waarna dié wat dit lees, ook na gaan streef.

Komaan, raak waaghalsig. Doen bietjie navorsing. Gee jouself vrye teuels en skryf. Verras almal met jou skryfwerk. Verras jouself die heel meeste!

Sprei jou vlerke! Geniet dit!

Dear teenager, may you be só excited about writing this essay, that you tremble! 😜

Toortsie

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse: Op jou merke!

Toortsie by Pinterest

10 thoughts on “Skryf ‘n opstel: Sprei jou vlerke

Gesels saam, asseblief!