Die hardlopers

Dis die hardlopers wat my aandag gegryp het.

Koning Hiskia van Juda het sy pa, Agas, opgevolg. Agas het die Here se pad totaal byster geraak, maar Hiskia het die Here gevolg.

Die tempel is skoongemaak en alles wat onrein was, laat verwyder. Daarná is die tempel weer in gebruik geneem en daar is groot geoffer vir die Here.

Op bevel van die koning is daar toe hardlopers gestuur wat briewe deur die hele Israel geneem het met die versoek, “Israeliete, kom terug na die Here toe.”

En ek dink by myself, ou Toortsie, as jy nou so iets sou doen, sal die mense mos vir jou lag?

Maar dis mos darem nie Toortsie wat die hardlopers gestuur het nie, maar koning Hiskia van Juda. En daar wás baie mense wat gelag het en die hardlopers gespot het.

Tog het die mense van Aser, Menasse en Sebulon berou gekry en Jerusalem toe gekom, ook die mense van Juda. Vir hulle wat daar was en nie volgens die reinigingsvoorskrifte gereinig was nie, het Hiskia gebid.

Daar het versoening gekom.

Dit laat my sommer aan Jona ook dink wat die ongemaklike boodskap in Die vyandige Ninevé moes gaan verkondig. Wie gaan na hom, een van die vyand luister? Maar hulle luister en die stad kom tot bekering.

Nou ja, ou Toortsie sal nou dalk nie die hele land vol hardlopers stuur nie, maar hierdie storie sê vir my wat God die laaste tyd keer op keer vir my sê: “Wees sterk, wees vasberade. Hou aan om vir die Here te werk. Selfs al steur baie hulle nie daaraan nie, SAL die Woord nie leeg terugkom nie.

En dit, liewe blogmaat, jy wat dalk ook vir die Here wil werk, maar onseker voel, bang voel. Wees sterk, wees vasberade. Gaan voort met jou goeie werk. Daar waar jy dit dalk die minste verwag, sal jy vrug sien, meer as wat jy kan glo!

2 Kron 29:11: “Spring nou aan die werk, my seuns, want die Here het julle gekies om voor Hom diens te doen en sy dienaars te wees wat vir Hom offerhandes moet bring. “

Groetnis

Toortsie

2 Kronieke 29

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse: Op jou merke!

Toortsie by Pinterest

Toortsie by LCHF E-zine: Oorvol, maar steeds honger

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Geleefde Christenskap, Toortsie se dagstukkies op Sondae and tagged . Bookmark the permalink.

One Response to Die hardlopers

  1. dromer777 sê:

    Dis so waar. Dis ons grootste en belangrikste opdrag maar so bang om te hardloop

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s