Wat tik mense by die soekenjins in om by hierdie blog uit te kom?

Wat tik mense in om by ons blog uit te kom?

“Mondelinge onderwerpe”. Lank gelede het ek geskryf oor onderwerpe waaroor ek as kind moes praat. 40 Jaar later het dit sekerlik baie verander. Ek voel mondelingonderwerpe moet op laerskoolvlak binne die kind se ervaringswêreld wees. In die hoërskool, dink ek, kan dit meer uitdagend raak sodat die kinders ‘n bietjie navorsing kan doen. My groot pleidooi bly steeds: Mammas, dis nie JULLE taak om die mondeling te skryf nie, dis jou KIND se taak en as JY dit skryf, ontneem jy jou kind ‘n geleentheid om sy eie verstand te gebruik en ontwikkel. Moenie van jou kind ‘n papegaai maak deur net te herhaal wat jy sê nie. Klaar gepreek! Watter voorstelle het julle vir mondelingonderwerpe?

Taste Life - Healing the Wounded
Taste Life – Healing the Wounded
“Here, help my“. Hier is groot nood in ons ou wêreld! Mense weet nie meer watter kant toe nie. Ek hoop en bid dat die persone wel by iets of iemand uitkom wat hulle kan help. Tans lees ek hierdie fantastiese boek van Francois Mostert, Taste Life – Healing the wounded Ek besef net al hoe meer dat ons onsself sal móét bemagtig. Eerstens doen ons dit deur daagliks by God aan te klop, maar dit help ook om boeke te lees wat ons van lewenshantering leer.

Iemand vra: “Hoe begin jy ‘n nuwe blog?” Toortsie het jare gelede al hieroor geskryf. Maar Toortsie het nie net hieroor geskryf nie, so met die tyd het sy verskillende blograad uitgedeel. Kliek ‘n bietjie HIER. Ek sien daar is alreeds 80 bloginskrywings wat blograad bevat. Genade, Toortsie!?

Raad vir muise in jou huis.” Muise en rotte bly maar net ‘n probleem, en ekself het regtig nie raad nie! Maar al wat ek weet, hulle is NIE die liewe diertjies wat kinderboeke probeer voorstel nie. Muise en rotte dra siektes aan en verniel jou goed. So, as hulle in jou huis is, moet hulle uitgeroei word! Klankmasjientjies? Gif? Katte? Peppermentgeursel op watte? Valletjies, lyk my, werk nog die heel beste, want ‘n dooie muis is ‘n dooie muis is ‘n dooie muis. Lok uile na jou tuin toe! Watter raad het julle?

Hoe werk jongmense se koppe?” Ek weet nie, ek het ook nie al die antwoorde nie, maar hulle wil graag erken word as mens, te midde van al hulle onsekerhede en vrese. Maak ‘n tiener jou vriend, dis die moeite werd!

Het julle raad vir hierdie een? “Hoe kry jy kinders uit die huis wat nie werk nie en klaar is met skool?” 

Daily prompt: Overwhelming. Sometines, keeping up your blogging may be overwhelming, but most times it is pure pleasure. 

Groete

Toortsie

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse: Op jou merke!

Toortsie by Pinterest

Toortsie by LCHF E-zine: Oorvol, maar steeds honger

 

 

 

11 thoughts on “Wat tik mense by die soekenjins in om by hierdie blog uit te kom?

  1. Hier het ek sowaar geen raad nie. Ek sou nie streng kon wees nie, en dankie tog die kids het al vyf vinnig hul eie rigtings gevind. Dit was wel vir my heerlik as hulle selfs vir ses maande teruggetrek het huis toe. Wel met ñ werk.

    Like

  2. As onderwyser het ek my leerlinge altyd aangemoedig om hul eie werk te doen. Ek het alty punte gegee as hul die opdrag inhandig op regte tyd, punte gegee vir oorspronklike werk en as hul dit self geskryf het(nie afskrifte van die internet nie) Onthou dit was nog in hul tweede taal ook. hul moes rerig self werk omdat ons driekwart in die klas gedoen het. Net afronding kon tuis gedoen word. Hul het my natuurlik soort van gehaat maar tog lief gehad omdat hul geweet het wat ek van hulle verwag en nhie wat Ma of Pa weet of kan doen nie.

    Like

      1. Dis hy! Onmoontlik dis hoekom die aanvoorwerk in die klas so belangrik is. Mens of ek het ook presies geweet watter ouer die werk doen. Het selfs eendag n kind gehad wat my punt betwyfel het en my senior onderwysers moes dit oor merk. Sy het beslis my punt gesien. Saamgestem met my manier. Ek het nooit window dressing verdra nie. Okay ek weet dis maar een onderwyser uit duisende wat maar die ouers die punte gee.eintlik is ek nou sommer besig om my op te wen as ek daaraan dink hoe onregverdig baie van die puntetoekennings gedoen word.

        Like

          1. Nee wat dis baie onregverdig teenoor die kind. Sulke kinders word onderdruk en kan nie hulself uitleef nie. Verlede jaar met my fotoplakwerk was daar ook n dogter wat eers haar ma moes vra of sy dit of dat kon doen. Sy wou ook haar fotos huistoe neem om dit tuis te doen. Ek het dit nie toegelaat nie. In die ses weke het sy haar eie unieke album gemaak.Wat ma daarvan gese het raak my nie. Die kind het nie eers die vrymoedigheid gehad om iets by die fotos te skryf nie. Baie hartseer.

            Like

Gesels saam, asseblief!