Suikerverslawing

Alkoholisme is’n progressiewe siekte. (Ek hoop ek het nou die regte woord gebruik!) Oor tyd raak dit erger en erger, selfs al drink die persoon glad nie. So sou ‘n persoon vir jare ophou drink, en hy begin weer, is hy baie vinnig weer op die vlak waar hy opgehou het en selfs erger.

Ek weet nog te min van suikerverslawing om so ‘n stelling daaroor te maak, maar ek wonder baie daaroor. Kom ‘n mens ooit heeltemal oor jou suikerverslawing? Raak ‘n mens ooit heeltemal genees van jou kosverslawing? Hierdie laaste twee verslawings wat ek hier noem, is wat ek het (gehad het).

Beide hierdie verslawings van my is onder beheer. Ek Bant immers al twee en ‘n half jaar! Ek smag nie meer heeldag na soetgoed nie en ek eet en eet en stop nie meer alles wat voorkom in my mond nie.

Tog is die tekens van beide steeds daar! Ek kry steeds soms baie lus vir soetgoed en dan maak ek onmiddellik vir my ‘n Bantingvriendelike iets sodat ek nie dalk iewers struikel oor regte suiker nie. Maar as ek dan kyk hoé ek daardie soetding hanteer, kan ek nie help om te wonder oor beide verslawings nie!

Ek twyfel steeds oor xylitol en oor hoé veilig dit regtig is, maar ek is steeds uiters dankbaar vir die kruk om op te steun. Die verslawing is beslis minder, ek eet nie meer elke dag, selfs elke week soetgoed nie, maar dis steeds daar. 

Die kosverslawing is ook aansienlik minder, maar ek is nog nie daar waar ek slegs twee maal per dag eet nie. Baie dae eet ek my drie keer en klaar, maar sekere dae wil ek heeldag peusel.

En dis hiér waar ek dan dankbaar is vir Banting. Dankbaar dat daar kos is wat ek mág eet, dat ek my nie hoef te weerhou net om in ‘n slaggat te trap en weer totaal beheer te verloor nie.

Vrydag het ek die Bantingkaaskoek in Toortsie se Bantingboerekosboek gemaak. Ek en my man het korte mette met hom gemaak. Ek het nie een oomblik skuldig gevoel nie, want alles daarin is goeie kos, toegelate kos, nie ‘n spul leë suikers vol kilojoules nie. Nee, dit bevat vullende bestanddele. Toe die kaaskoek op is, het ek bevredig gevoel en nie een oomblik skuldig nie, want ek het niks verkeerds gedoen nie!

Dankie tog dat daar ‘n manier is om my kos- en eetverslawing te beheer!

Banting werk vir my, maar onthou, voor jy dit begin doen, spreek eers jou dokter. Elke persoon doen dit op eie risiko.

Toortsie

Post of the day: Yellow.  What is more yellow than the cheesecake from Toortsie’s Banting Bash?

madele_resepteboek_photographybylize-117
Banting kaaskoek uit Toortsie se Bantingboerekosboek.

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse: Is ek te laat vir ‘n nuwejaarswens?

Toortsie by Pinterest

17 thoughts on “Suikerverslawing

  1. Ek is ook ‘n suikerslaaf,Toortsie,maar om een of ander rede bly ek gesond,is nie vet nie en my bloedsuikervlakke is altyd normaal.Lyk my elke liggaam het sy eie proses van hantering van sekere goed.Dit is en bly ‘n geweldige interessante studieveld en ek lees altyd graag hoe jy vorder.

    Like

        1. Dis ook reg:) Nie alle mense wat alkohol gebruik en dit geniet, is verslaaf daaraan nie. Ek wil glo dis dieselfde met suiker ook. Verslawing tree in wanneer jy dit nie meer kan beheer nie en dit jou siek maak. Dis hoe ek dink?

          Liked by 1 person

  2. Ek stem saam met jou veral oor die suikerverslawing, dan eet ek ‘n blokkie of 4 van die Caring Candies low carb sjokelade. ek weet nie of dit ooit sal weggaan nie. Die kosverslawing is baie beter ek kan langer uithou tussen etes ek het soms ook heeldag gepeusel want ek sukkel om baie op ‘n slag te eet maar kan heeldag peusel. Al probleem is ek het in 6 maande net 6 kilos verloor waarvan die meeste die eerste 3 maande was. Maar ek voel gelukkig baie ‘kleiner’ en gesonder. iewers doen ek iets verkeerd maar ek is nie bereid om my lekker koffie met room op te gee nie dan sal ek dit nie ‘n lewenswyse kan maak nie. So ek gaan aan soos nou en weet ten minste ek vergryp my nie aan ongesonde goed nie. Ek is baie lief vir vrugte en probeer wel wegbly maar kon nie die vye aan my boom weerstaan nie. DIs net ‘n week of 2 dan moet mens weer ‘n jaar wag so ek het die vyeboom elk aand besoek. Verkeerd ek weet hehe

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar op dromer777 Kanselleer antwoord