Hou die bruid besig? Ag, genade Toortsie, waar val jy nou al weer uit?
Kyk, ‘n bruid moet mos laaaaank voor die troue al gestewel en gespoor wees. Die fotograaf hardloop al vroegdag rond om al die bedrywighede te verewig. Dis hare en grimering en wat nog alles. Foto’s, foto’s, foto’s.
Iewers moet die fotograaf nog die bruidegom ook gaan afneem wat, as jy ‘n plaastroue hou, kilometers van die bruid af aantrek.
En dan moet die fotograaf nog ‘n halfuur voor die tyd by die kerksaaltjie wees om die geselligheid dáár ook te verewig op film. (Foto geleen op Kobus Tollig se webblad)
So, vir dié wat wonder, die bruid kom nie laat omdat sy nie betyds klaar is nie. Nee, sy kom laat ter wille van die laatkommers en dit maak dat ‘n klomp gaste verskriklik warm kry op ‘n Desembermiddag in ‘n kleine saaltjie in die Overberg.
Intussen moet die bruid wat al lánkal reg is vir die doe, besig gehou word …
(Foto geleen by Kikitographyt Motion se faceboekblad.)
Terloops, daar is kaart ook gespeel!
Groetnis
Toortsie
Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page
Toortsie se Facebook page
Finesse Blogger of the week
Finesse: Skryf jou stories!
Toortsie by Pinterest
Pragtig! Julle het omtrent ñ dag vol lag gehad!
LikeLike
Dit was regtig ‘n feestelike geleentheid.
LikeLike
Dis so lekker dat foto’s vandag soveel makliker geneem kan word.
LikeLiked by 1 person
Pragtig!!
LikeLike
Dankie
LikeLike
Ag maar dit klink te lekker! Dit was seker een van mees ontspanne bruide ooit!
LikeLiked by 1 person
Sy was behoorlik ontspanne 🙂
LikeLike