Eenvoud

Ek dink dis Laurika Raugh wat sing: “Eenvoud is die vreugde van die lewe, dis gee en neem net wat daar is, dis dankbaar eet van elke skewe snytjie brood wat liefde is.” Volgens die FAK is Laurinda Hofmeyr die digter en het Koos du Plessis die musiek daarvoor geskryf.

Eenvoud

Verskillende mense sal ‘n verskillende idee hê van eenvoud.

Eenvoudig.

‘n Mens kry arm mense met ‘n eenvoudige bestaan, wat ryk is in liefde en ervaring. Wat ‘n Teenwoordigheid het. Wat, as jy by hulle sou kom, jy nie onvervuld daar weggaan nie.

Dan kry jy mense wat alles najaag, in die mode moet bly, byhou by die bure, wat koop en koop en koop en ervaar en ervaar en ervaar, maar wat leeg is.

Dan kry jy minimalisties. Ek dink nie eenvoud en minimalisties is dieselfde nie.

Ek mag soms baie eenvoudig wees, glad nie interessant in sekere mense se oë nie, juis omdat ek so individualisties is, my eie ding doen, my nie altyd steur aan wat die mode is nie. Ek is lief vir ‘back to the basics’, want ek glo dat as die basis nie reg is nie, die res gaan vou. Eenvoudig, hoor! Eenvoudig!

Ek is ook baie keer eenvoudig in my denke. Ek lees die Bybel nog vir wat hy is, soos wat hy is, en ek glo hom. Vir baie is dit eenvoudig, op ‘n neerhalende manier.

Ek geniet dit om saam met my man tyd te spandeer. Eenvoudig, sal party mense sê. Boring!

Dis baie keer die eenvoudige dinge wat gratis is in die lewe, die dinge wat jou siel vul, die dine waarna so baie mense smag.

Post of the day: Simple

Groetnis

Toortsie

En ja, ek probeer mos die Postaday in Engels skryf om op so ‘n manier my Engels ook ‘n bietjie lug te gee, maar hierdie kon ek nie in eenvoudige Engels skryf nie.

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse: Skryf jou stories!

Toortsie by Pinterest

13 thoughts on “Eenvoud

  1. Ek streef ook na so eenvoudige lewe as moontlik. Ek dink dis waar die groot ding tussen my ma en my en my broer ontstaan. Hulle (eintlik my HELE familie) kompeteer met almal om hulle, veral met geld. En moet alles die BESTE en NUUTSTE hê en blah blah blah. Ek kan eenvoudig net nie so wees nie. Ja ek hou ook van mooi goed, maar dis vir my, nie om mense om my te beindruk nie. Ek kan net nie so loud and proud wees nie. Daar is belangriker dinge in my lewe.

    Like

  2. Dit laat my nou terugdink aan so 30 jaar gelede toe my 2 skoonsusters vir my vertel van hulle nuwe Biggy Best gordyne, kussings alles wat oortrekbaar is. My bynaam is Liefie en ek kon dit nie bekostig nie en “tjip” toe in met die volgende: Ág ek hou maar by Liefie’s Best. Dit het die wind heeltemal uit hulle seile geneem. hehehe

    Like

Gesels saam, asseblief!