Koei roll call

Minstens een keer per jaar het ek die wonderlike voorreg om koei roll call te doen. Dan kom al die koeie bymekaar en ek roep hulle nommers uit en wanneer die regte nommer uitgeroep word, lig die koei haar linkerpoot, sê moee en mag gaan wei. Koeie se werk is mos om melk te maak, nie om heeldag vergadering te hou oor wie hanguiers het en woe nue!

As dit maar só maklik was!

Ek moet sê, ons hét al slimmer geword oor jare en dit gaan al aansienlik vinniger, die wiel is al beter geolie.

Elke keer as ek dit doen, besluit ek, ek moet waterboots kry. Nie sommer sulke bootse nie, nee, Muckboots. Ag, dan gaan kyk ek op die internet en sien nét die Muckboots waarvan ek hou, met prentjies en al vir amper R2000, dan besluit ek sommer weer daarteen. Ek staan mos nie elke dag in die stal nie!

So, vanoggend is ek toe weer gestewel en gespoor met plakkies, gly-gly tot waar ek moet kom, want sien, dis nogals mistig daar waar die koeie geloop het en net voor dit het daar ‘n lekker bui reën geval!

Maar al die koeitjies het hulle mooi gedra, hul het pragtig voor my verby geloop, ek kon hul nommers afmerk en my liewe, getroue neef kon probleme uitwys en uithalerkoeie merk.

Kyk, dis nou van daai joppies wat ek regtig nie elke dag van my lewe wil doen nie, maar wanneer dit die slag oor my pad kom, maak ek die beste daarvan, geniet die mis tussen my tone in die buitelug, en sien selfs al ‘n mooi koei hier en daar raak. Ek kan selfs al ‘n Jersey uitken! Die geselskap so tussenin is gewoonlik ook aangenaam.

Maar weet julle wat is die heel lekkerste van koeirollcall? Die stort ná die tyd!

Dink ek gaan maar weer nie die bootse koop nie!

Groete

Toortsie

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse: Skryf jou stories!

Toortsie by Pinterest

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Plaaslewe en Landbousake, Uncategorized. Bookmark the permalink.

21 Responses to Koei roll call

  1. Henriette sê:

    Lekker giggel ek nou

    Like

  2. Kameel sê:

    Dan sal jy ons kleinseun se val verstaan. Hy en sy pa ry bergfiets. Verlede Saterdag ry hulle verby beeskrale; dit het deur die nag gereën en beesmis en water lê enkeldiep waar hulle moet deur. Kleinseun ry maar dit is so glad dat sy fiets onder homweggly. Skoonseun sê jy hoor net “Nee, nee, nee” en daar lê hy binne in die “slush.” Mooitrap Toorts!!!

    Like

  3. Ai toe druk ek n verkeerde knoppie en my kommentaar verdwyn. Hul noem dit gumboots hier. Almal het n paar behalwe ek! Nou met oppas werk moes ek maar boots leen. Dit voel darem nie te sleg om teen al die nattegheid beskerm te word. Gelukkig is die beeste se uitlaat plantmateriaal, dit is “gesonde/skoon” afval en nie vleis nie! As jy verstaan wat ek bedoel. Grillerig as die pappery so vir die begin tussen jou tone kom.

    Like

  4. Terug pieng: Afrikaanse Tokkel:Net vir Toorts – I scrap 2

  5. seegogga sê:

    Ha ha! So positief of nie, d lewe is nie alles maanskyn en rose nie!

    Like

  6. travel460 sê:

    Julle, dit klink na groot pret!

    Like

  7. Moo pooh versus pooch poo hier in onse dorp.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s