Voelgoed Toortsie nr 11 – Net drie dinge

Hierdie is die elfde storie wat verskyn het by Finesse se Goedvoelblogs.

Net drie dinge

Op ‘n stadium het ons predikant ons uitgedaag om elke oggend, voor ons opstaan uit ons beddens, die Here vir drie dinge te dank. Dit sit jou onmiddellik in ‘n ander atmosfeer, die dag lyk sommer baie beter. Wie kan die res van die dag negatief voel as hy, nog voor hy opgestaan het, die Here vir drie dinge gedank het?

Wel, dit klink goed, maar dan moet jy onthou om voor jy uitvlieg uit die bed, dit te doen! Dit maak seker nie saak as jy dit later in die dag onthou en dit dan doen nie, maar ‘n mens vergeet so gou! Of eerder, ek weet nie van julle nie, maar ék vergeet so gou!

In ‘n tyd wat negatiewe denke my gedagtes binnegekruip het, het ek ‘n daadwerklike besluit geneem: Geen verdere negatiewe gedagtes nie. Ek moes behoorlik die leisels inhou om al die negatiewe denke wat soos steeks perde my gedagtes wou oorneem, in toom te hou. Dit het gewérk. Kort voor lank was ek weer meer ‘gewoond’ daaraan om positief te dink. Positiewe denke verander jou hele wese, jou hele uitkyk op die lewe. Skielik lyk alles anders, mooier en beter. Skielik sien ‘n mens weer kans vir die lewe.

Maar vanaand wanneer dit donker raak en jy moeg is, mag dit wees dat die negatiwiteit jou weer bekruip, selfs jou drome oorheers. Wie het gesê jy mag nie die dominee se raad ook in die aand doen nie? Net voor jy gaan slaap, dank God vir drie goeie dinge wat Hy deur die dag vir jou gedoen het. Dalk is daar baie meer as drie! Dank Hom daarvoor! Wat ‘n uitstekende manier is dit nie om jou nag rustig in te gaan nie, in dankbaarheid vir die wonderlike God wat ons dien!

Groetnis

Toortsie

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse: Skryf jou stories!

Toortsie by Pinterest

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Geleefde Christenskap, Toortsie se voelgoedstories and tagged , . Bookmark the permalink.

10 Responses to Voelgoed Toortsie nr 11 – Net drie dinge

  1. travel460 sê:

    Uitstekende raad, Toortsie.

    Like

  2. BB sê:

    Dink ek nou aan die gesegde van “Wat as jy vandag slegs dit gehad het, waarvoor jy God gister voor gedank het?”
    Dankbaarheid troef om die een of ander rede enige ander gevoelens óf omstandighede. Dis soos die “Ace” in ‘n pak speelkaarte.
    As ek soms sonder woorde is oor ‘n emosie of gebeurtenis, as ek nie eers meer weet hoe om vir God te vertel wat binne-in my aangaan nie, en ek stil moet raak net om my binneste warboel van onsekerheid, seerkry, verlies, kwaad of ontnugtering weer in orde te probeer kry, kan ek letterlik aan niks anders dink as “Dankie”. Nét dit. Nie eers vir enigiets spesifiek nie. Want daar is in ons ergste omstandighede soms géén lig wat skitter nie, geen ooglopende een rede vir dankbaarheid nie. Maar ek weet: HY verstaan. HY weet. En daardie één “Dankie” bring my in Sy teenwoordigheid. Elke keer.

    Like

  3. Henriette Gilbert sê:

    Ek gaan dit dadelik begin doen. Ek sukkel soms om te slaap my brein sluit nie af, hou net aan dink. Ten minste dink hy dan aan positiewe goed!

    Liked by 1 person

  4. Kameel sê:

    Dankie!!

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s