Nog ‘n Bruis storie – ‘n Vroeë Kersfees

Hierdie is nog een van my stukkies wat in ons kerk se tydskrif, die Bruis, verskyn het. In 2014.

‘n Vroeë Kersfees

“Kersfees” beteken vir my “genade”. Ek vier kersfees op 25 Desember omdat Jesus gekom het, ongeag of Hy regtig op 25 Desember gebore is of nie.

God seën my op soveel maniere, dis  onmoontlik om dit alles op te noem. Hy seën my met gesondheid, pragtige kinders en skoonkinders, kleinkinders, die wonderlike Overberg om in te woon…

2014 was vir my ‘n warrelwindjaar, waarin ek wonderlike dinge beleef het, maar ook deur krisistye gegaan het. Die jaar het sommer begin met ‘n erg verwoestende vloed wat ons grond by Ladismith getref het. Deur op die negatiewe te fokus, raak mens angstig. Bang.

Tot die besef kom: God is groter as my grootste probleem! Ek moet net op Hom fokus. Hy is in beheer.  Dán kom rustigheid, kalmte. Genade. Kersfees, ongeag die datum!

Kersfees hét vroeg gekom vanjaar. Om die waarheid te sê, kersfees kom amper daagliks!

Dankie, Here, vir kersfees. Dankie vir U groot genade.

Groetnis,

Toortsie

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse: Hoe raak my verswakte moeders my?

Toortsie by Pinterest

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Geleefde Christenskap. Bookmark the permalink.

9 Responses to Nog ‘n Bruis storie – ‘n Vroeë Kersfees

  1. AWETHENTIQ sê:

    Afrika….vloede, droogtes en angs.

    Kersfees was nog altyd in ons uitgebreide familie ‘n gewyde Christusfees. Ons vier dit ook op 25 Desember al het die, volgens my Messiaanse Rabbi-vriend met 2 doktorsgrade cum laude, op die eerste dag van die Joodse Sukkot-fees plaasgevind. Nou het ons twee keer per jaar ‘n Christusfees.

    Mens kan net wen, né?! Soveel genade.

    On 23 Jan 2017 10:59, “Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog” wrote:

    > Toortsie posted: “Hierdie is nog een van my stukkies wat in ons kerk se > tydskrif, die Bruis, verskyn het. In 2014. ‘n Vroeë Kersfees “Kersfees” > beteken vir my “genade”. Ek vier kersfees op 25 Desember omdat Jesus gekom > het, ongeag of Hy regtig op 25 Desember gebore is ” >

    Like

  2. travel460 sê:

    Pragtig geskryf, Toortsie. En ja, ons vier ook kersfees op die 25ste. En soos Awethentiq sê, ons kan maar twee keer ñ jaar ñ Christus fees hê. Dit sal stunning wees. Solank ons Jesus net ‘vier’.

    Like

  3. Kameel sê:

    Dink sommer nou aan daardie vroutjie met wie ek so diep oor skisofrenie kon gesels wat vir my gesê het sy vier nie kersfees nie want vir haar is elke dag ‘n Christusfees. Soos sy gesê het sy weet nie hoe sy die volgende dag gaan wees nie, dus leef sy haar lewe een dag op ‘n slag, en maak dit oor Jesus.

    Liked by 1 person

  4. dromer777 sê:

    en ‘n Geseënde 2107 wag vir jou

    Like

  5. BB sê:

    Ek wens ons wil heeljaar deur dieselfde moeite doen om vir ander dieselfde mate van vreugde te gee, as in die Kerstyd. Dink net as ons op ‘n gereelde basis met nétsoveel afwagting planne kan beraam om iemand anders gelukkig te maak as op die vooraand van Kersdag en dink net as ons self gereeld in dieselfde gemoedstoestand kan verkeer as op Oukersaand, met die heerlike verwagting op ‘n verrassing van iemand wat vir ons spesiaal iets uitgesoek het om ons ook gelukkig te maak.
    Die groot geluk kom éérs werklik, wanneer die gewer die ontvanger se glimlag, of gil of traan van vreugde beleef. Daar is mos niks lekkerder as om te wéét die ontvanger van jóú geskenk is ekstaties en tevrede.
    Ek weet dat niemand dit sou kon bekostig om op ‘n gereelde basis ‘n fisiese geskenk vir elke liewe siel te gee, wie vir hulle saakmaak nie… maar ‘n oproep, ‘n epos, en ja selfs ‘n ‘ek-dink-aan-jou’ whatsapp boodskappie (wat nié generies of gespoegplak of een grapprentjie op die ander is en nie), ‘n afspraak vir ‘n vinnige koffie om kans te kry om hulle in die oë te kyk en te sê: ek mis jou of ek is lief vir jou (ons sê daai veels te min vir veels te min mense). Vra opreg: “Hoe gaan dit régtig?” en wees bereid om dalk van jou tyd af te staan vir die antwoord.
    Ek het ‘n maatjie wat my eenkeer ‘n maand bel. Ons sien mekaar (so te sê) nooit. Sy’t my altyd vertel dat die voëltjiegetjirp soggens op haar dak, haar aan my laat dink (ek dink dis eerder die kwetter as die tjirp 😉 Maar wanneer sy bel sê sy altyd “My maatjie, jy sing my nog elke oggend wakker… “ en sy sê dinge wat saakmaak soos: “Ek mis jou”.
    Dís genade. Dis die soort ding wat elke dag Kersfees kan maak…

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s