Kyk, sommige van die dinge wat vandag gebeur, is net te groot en onverstaanbaar vir hierdie ou kop. Ek het eintlik mos al jare gelede besluit, ek gaan nie probeer byhou nie, ek sit net op my boude, tel my voete op en laat die dinge maar gebeur waar en hoe en wanneer dit wil, en dan, wanneer ek kans sien, sit ek my voete neer vir ‘n rukkie en probeer dit wat rondom my is te verstaan, net om weer voete in die lug te sit tot tyd en wyl.
Dis nou oor al die elektroniese veranderinge wat gebeur rondom ons. Nooit as te nimmer kan ek bybly nie en dis skoon belaglik om te probeer! Ek doen wat ek kan, leer soveel ek kan of nodig vind, en laat die res maar voorthol.
Nou ja, die wolk. Of ons nou wil of nie, dis iets wat ons al hoe meer gebruik. Ons stoor ons goedjies op WordPress, iewers in die wolk, waar die wolk ook al is. Ons bêre ons belangrike inligting in Dropbox of Google Drive of waar ook al, omdat dit glo ‘veiliger’ is om dit daar te bêre as op jou rekenaar wat enige oomblik kan ingee. Want sien, rekenaars hou ook nie meer lewenslank nie, hulle wil kort-kort vervang word.
En dan is dit mos darem tog te lekker as ek daar in Koekenaap is en manlief vra my gou iets van die besigheid, om sommer op my selfountjie te loer wat die antwoord is. Alles danksy die wolk!
En danksy die wolk kan ek vir Jannie betaal wat hy betaal moet word, waar ek ook al is, solank daar net sein is. Tog te wonderlik!
Ons stoor en ons stoor onse goedjies in daai wolk, nes ons in die ou dae ons rakke voller en voller gepak het. Nee ek jok! Ek sien dit mos nou: Nes ons nog steeds ons rakke tot oorlopens volpak, stoor ons nou die wolk ook tot oorlopens toe vol!
En ek is kleintyd op skool geleer, wolke raak vol. Mnr Potgieter het in standerd 4 die wonderlikste ding gehad wat hy vir ons gewys het oor die watersiklus. Man, hy kon dit nog so 6 keer vir my gewys het, ek was mal daaroor! Dis dieselfde water wat ons drink, wat ons piepie, wat oor drie klippies loop en weer skoon kom, wat in ondergrondse riviere beland, wat weer in mere of boorgate beland, wat in die see beland, wat verdamp, wat wolke volmaak en dan reën dit!
Nou wonder ek, hoe lank voor hierdie wolke hier bo ons kop, hierdie inligtingswolke vol raak en begin reën? WAT WORD DAN VAN DIE GOED WAT ONS GESTOOR HET? Wat word van my 1000+ bloginskrywings wat ek reeds gemaak het? Gaan dit sommer net verdamp soos sommige reëndruppeltjies verdamp?
Toortsie
Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page
Toortsie se Facebook page
Finesse Blogger of the week
Finesse: Hoe raak my verswakte moeders my?
Toortsie by Pinterest
Jo-jo, hier het jy nou iets beet. Dankie tog ek het ook al die ‘reg’ om net my voetjies op te tel en dinge gade te slaan. Die wolk maak nie vir my sin nie, en my “dropbox” is net ñ nuttelose prentjie op my foon. Ek stel baie meer belang in jou meneer Potgieter se uitleg oor die watersiklus. Moet die storie ook aan my kleinkinders verduidelik, dit is goed uitgelê.
LikeLiked by 1 person
Dit was so ‘n prent waar alles beweeg het. Die water het gereën en gevloei en verdamp. Oeee ek sou wat wou gee om weer daai ding te sien. Daai prent het die begrip in my kop vasgelê. Dit het met ‘n battery of iets gewerk.
LikeLiked by 1 person
Ek het dit gou neergeskryf en teen my winkeltjie se kennisgewing bord vasgesit. Sou wat wou gee om om die prent te kon sien.
LikeLike
Leon Ferreira sing in ‘Daar’s ‘n rede’, : Dieselfde water wat uit my swembad verdwyn, reën môre op jou plaas.
LikeLiked by 1 person
Ek is nog jonk en nie eers ek verstaan hierdie wolk besigheid nie…tegnologie is vir my net complicated. My man se IT-boffin neef het my so mooi probeer verduidelik hierdie vakansie, maar die wieletjie draai net en die hamster lê uitgepass.
LikeLike
Ek dink oor tyd gaan die wieletjie net al hoe meer draai en draai en draaaaaaaaaaiiiiii
LikeLiked by 1 person
🙈
LikeLike
Rugsteun liewer jou blog na jou hardeskyf maar maak baie, baie seker om ook jou data te stoor op ten minste twee ander hardeskywe. Nie op SSD of flashdrives nie.
Transcend verkoop militêre graad eksterne hardeskywe vir minder as ‘n duisend Rand per terrabyte. Ek weet ComputerMania in Langstraat hou dit aan.
Die wolk is geensins ‘n veilige plek vir data nie want force majeure en ander omstandighede kan veroorsaak dat jy nie toegang daartoe kan verkry nie. Daar is legio ander redes, vanaf politiek tot godsdiens, maar wolkies verdamp en winde dryf dit weg. Tap by jou eie boorgat, stoor in jou eie tenk.
Netnou Drop iemand die Box, en dan?
On 17 Jan 2017 10:20, “Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog” wrote:
> Toortsie posted: “Kyk, sommige van die dinge wat vandag gebeur, is net te > groot en onverstaanbaar vir hierdie ou kop. Ek het eintlik mos al jare > gelede besluit, ek gaan nie probeer byhou nie, ek sit net op my boude, tel > my voete op en laat die dinge maar gebeur waar en hoe” >
LikeLike
Is daar ‘n manier wat jy jou hele blog op een slag kan stoor of moet ek nou elke bloginskrywing een-een aflaai? Die goed wat in dropbox lê, is mos darem op my rekenaar ook, if nie?
LikeLiked by 1 person
Ja, gaan kyk iewers in jou Settings of Dashboard. As my rekenaar gewerk het, kon ek vir jou screenshots gemaak het.
LikeLike
Ahaaa!
Export Your Content to Another Blog or Platform
It’s your content; you can do whatever you like with it. Go to My Site → Settings and select the Export tab to download a copy of your blog’s content. The content will be delivered as a series of XML files, which will contain your posts, pages, comments, categories, tags, and references to your site’s images.
Export
If you’d like to export all of your content, just press the Export All button. If you’d like to export a subset (a single author’s posts, for example, or a certain category or date range), click the arrow next to the Export All button to see the advanced options.
Export Selected
Once you’ve selected the content you wish to export, press the Export Selected Content button.
At this point, you can remain on the export page to wait for the export file to become available. A handy notification will appear, offering you a download link.
Export Success
The link will contain a download of a .zip file containing any export files (larger blogs will include more than one export file). This ensures the completeness and fastest performance of the export process. When importing back into another blog, you’ll need to unzip the file and import each of the .xml files individually.
If you’d like to carry on with blogging, it’s safe to navigate away from the screen once the export is in progress. We’ll also email you a link to the export file, which will remain available for download for about a week.
Note: This will ONLY export your posts, pages, comments, categories, and tags; uploads and images may need to be manually transferred to the new blog. The current version of the WordPress.org installation gives you the option to import uploaded files, but the blog you are importing from must be live and serving images properly in order for it to work. So, if you intend to delete content (or the whole blog) here at WordPress.com, please wait until after media files have successfully been imported into the new blog, and make sure your site is not set to private!
If you would like to move your blog to a self-hosted WordPress.org installation, take a look at these recommended web hosts.
LikeLike
Mooi!
LikeLike
Jy sien ek het ook al ‘n pr keer oor dieselfde ding gesit en dink…
LikeLike
En wat was jou gevolgtrekking?
LikeLike
Back up deur meer belangrike dokumente en fotos eerder te druk en in ‘n “regte egte boks” te file as dit dan nie anders kan nie….
LikeLiked by 1 person
Nou die aand vir skoonseun gevra hoe veilig is hierdie wolk!!! Klink vir my ook of hy een of ander tyd moet bars. My man het sopas sy laptop wat stukkend was gaan haal en ja al die inligting is skoongevee. Gelukkig is dit in die wolk gestoor sê hy. Dus werk die wolk darem nog. Ek myself stoor op ‘n eksterne hardeskyf.
LikeLike
Ek sal moet leer hoe werk ‘n eksterne hardeskyf. … sleg met die stoordery… dis hoekom ek my goed in die wolk bêre … en worrie!
LikeLike
Toorts ek copy my blog na Word toe en save5 dit in my blog leêr. Wanneer daar genoeg blogs in die leêr is sit ek dit oor op my eksterne hardeskyf.
LikeLike
So doen jy dit ELKE keer as jy skryf? Oeee ek is nie goed met sulke goed nie!
LikeLike
Dis soos liasering. Vat ‘n middag en liaseer jou blogs 🙂
LikeLike
My dearrie, ek het ‘n jaar nodig! 🙂
LikeLike
Lekker laat jy my nou lag!!!
LikeLike
Daai wolk klink te veel na ‘n donderwolk en ek hou die maar by eksterne hardeskyf
LikeLiked by 1 person
Maar wat van jou blog?
LikeLiked by 1 person
*fluister* my blog is eintlik nrt ‘n getjommel. en van geen histories, letterkundige of enige bruikbare waarde.. Die kommentaar het gewoonlik meer waarde as die inhoud.
LikeLiked by 1 person
Hoor hoe beskeie! Tog geniet ons jou blog terdeë.
LikeLiked by 1 person
Dis nou n bewolkte storie. Wat nou as dit n wollose dag is in jou omgewing vlieg dit dan na die plek waar daar wel n wolk is? (Ek grap maar hoor!)Ek sien mos ook in my gedagte die “wolk” wat al vetter en vetter word en dan sal daar maar seker klein wolkies wees om ekstra op te vang.
LikeLike
Man, hier by ons waai die wind die woke behoorlik deurmekaar, en hier is nog rookwolke ook, want die Kaap is aan die brand. Ek hoop nie die internetwolk is ook tussenin nie! 🙂
LikeLike
Sjoe, daardie rookwolke klink gladnie gesond nie. Sleg om te hoor van brande. Dis tragies dat alles so vernietig word.
LikeLike
Ek hoor woorde ten opsigte van die brande wat ek nie hier wol noem nie. Angswekkend!
LikeLike
Iemand wat nogals heelwat weer, skryf:
Wel die wolk is meer soos ‘n klomp kamers propvol rekenaars en yskoue aircon en allerhande fancy cooling stuff. Die sekuriteit daarop is baie goed, maar nie te sê inligting lek nie uit te danke aan hackers nie. Gaan kyk gerus op YouTube na John Oliver (LastWeekTonight) se onderhoud met Edward Snowden om meer oor die politieke aspek van die sekuriteit te verstaan. Hy het nie die mooiste voorbeeld gebruik om dit te verduidelik nie, maar enigiemand kan dit verstaan.
LikeLike
Hy skryf ook: verder wil ek ook noem dat die stoorplek sal nie sommer maklik opraak nie, en te danke aan RAID tegnologie (of iets soortgelyk) is die inligting nie net op een hardeskyf op ‘n slag gestoor nie, maar op verskillende hardeskywe regoor die wêreld. Waar mense se algemene backups is weer op een external in ‘n kas iewers lê (ek is ook een van daai).
LikeLike
Kan dit beslis goed glo. Hier in NZ was daar ook n bosbrand wat vandag eers onder beheer gebring is. Ergste is n klein dorpie se huise het afgebrand. Dit alles net omdat mense nie luister as daar geen vuur gemaak mag word nie. Daar by julle is dit veel ernstiger.
LikeLiked by 1 person
Ai
LikeLike