Die wolk

Kyk, sommige van die dinge wat vandag gebeur, is net te groot en onverstaanbaar vir hierdie ou kop. Ek het eintlik mos al jare gelede besluit, ek gaan nie probeer byhou nie, ek sit net op my boude, tel my voete op en laat die dinge maar gebeur waar en hoe en wanneer dit wil, en dan, wanneer ek kans sien, sit ek my voete neer vir ‘n rukkie en probeer dit wat rondom my is te verstaan, net om weer voete in die lug te sit tot tyd en wyl.

Dis nou oor al die elektroniese veranderinge wat gebeur rondom ons. Nooit as te nimmer kan ek bybly nie en dis skoon belaglik om te probeer! Ek doen wat ek kan, leer soveel ek kan of nodig vind, en laat die res maar voorthol.

Nou ja, die wolk. Of ons nou wil of nie, dis iets wat ons al hoe meer gebruik. Ons stoor ons goedjies op WordPress, iewers in die wolk, waar die wolk ook al is. Ons bêre ons belangrike inligting in Dropbox of Google Drive of waar ook al, omdat dit glo ‘veiliger’ is om dit daar te bêre as op jou rekenaar wat enige oomblik kan ingee. Want sien, rekenaars hou ook nie meer lewenslank nie, hulle wil kort-kort vervang word.

En dan is dit mos darem tog te lekker as ek daar in Koekenaap is en manlief vra my gou iets van die besigheid, om sommer op my selfountjie te loer wat die antwoord is. Alles danksy die wolk!

En danksy die wolk kan ek vir Jannie betaal wat hy betaal moet word, waar ek ook al is, solank daar net sein is. Tog te wonderlik!

Ons stoor en ons stoor onse goedjies in daai wolk, nes ons in die ou dae ons rakke voller en voller gepak het. Nee ek jok! Ek sien dit mos nou: Nes ons nog steeds ons rakke tot oorlopens volpak, stoor ons nou die wolk ook tot oorlopens toe vol!

En ek is kleintyd op skool geleer, wolke raak vol. Mnr Potgieter het in standerd 4 die wonderlikste ding gehad wat hy vir ons gewys het oor die watersiklus. Man, hy kon dit nog so 6 keer vir my gewys het, ek was mal daaroor! Dis dieselfde water wat ons drink, wat ons piepie, wat oor drie klippies loop en weer skoon kom, wat in ondergrondse riviere beland, wat weer in mere of boorgate beland, wat in die see beland, wat verdamp, wat wolke volmaak en dan reën dit!

Nou wonder ek, hoe lank voor hierdie wolke hier bo ons kop, hierdie inligtingswolke vol raak en begin reën? WAT WORD DAN VAN DIE GOED WAT ONS GESTOOR HET? Wat word van my 1000+ bloginskrywings wat ek reeds gemaak het? Gaan dit sommer net verdamp soos sommige reëndruppeltjies verdamp?

Toortsie

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse: Hoe raak my verswakte moeders my?

Toortsie by Pinterest

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Sosiale media and tagged , . Bookmark the permalink.

34 Responses to Die wolk

  1. travel460 sê:

    Jo-jo, hier het jy nou iets beet. Dankie tog ek het ook al die ‘reg’ om net my voetjies op te tel en dinge gade te slaan. Die wolk maak nie vir my sin nie, en my “dropbox” is net ñ nuttelose prentjie op my foon. Ek stel baie meer belang in jou meneer Potgieter se uitleg oor die watersiklus. Moet die storie ook aan my kleinkinders verduidelik, dit is goed uitgelê.

    Liked by 1 person

  2. Ek is nog jonk en nie eers ek verstaan hierdie wolk besigheid nie…tegnologie is vir my net complicated. My man se IT-boffin neef het my so mooi probeer verduidelik hierdie vakansie, maar die wieletjie draai net en die hamster lê uitgepass.

    Like

  3. AWETHENTIQ sê:

    Rugsteun liewer jou blog na jou hardeskyf maar maak baie, baie seker om ook jou data te stoor op ten minste twee ander hardeskywe. Nie op SSD of flashdrives nie.

    Transcend verkoop militêre graad eksterne hardeskywe vir minder as ‘n duisend Rand per terrabyte. Ek weet ComputerMania in Langstraat hou dit aan.

    Die wolk is geensins ‘n veilige plek vir data nie want force majeure en ander omstandighede kan veroorsaak dat jy nie toegang daartoe kan verkry nie. Daar is legio ander redes, vanaf politiek tot godsdiens, maar wolkies verdamp en winde dryf dit weg. Tap by jou eie boorgat, stoor in jou eie tenk.

    Netnou Drop iemand die Box, en dan?

    On 17 Jan 2017 10:20, “Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog” wrote:

    > Toortsie posted: “Kyk, sommige van die dinge wat vandag gebeur, is net te > groot en onverstaanbaar vir hierdie ou kop. Ek het eintlik mos al jare > gelede besluit, ek gaan nie probeer byhou nie, ek sit net op my boude, tel > my voete op en laat die dinge maar gebeur waar en hoe” >

    Like

    • Toortsie sê:

      Is daar ‘n manier wat jy jou hele blog op een slag kan stoor of moet ek nou elke bloginskrywing een-een aflaai? Die goed wat in dropbox lê, is mos darem op my rekenaar ook, if nie?

      Liked by 1 person

    • Toortsie sê:

      Ahaaa!
      Export Your Content to Another Blog or Platform

      It’s your content; you can do whatever you like with it. Go to My Site → Settings and select the Export tab to download a copy of your blog’s content. The content will be delivered as a series of XML files, which will contain your posts, pages, comments, categories, tags, and references to your site’s images.

      Export

      If you’d like to export all of your content, just press the Export All button. If you’d like to export a subset (a single author’s posts, for example, or a certain category or date range), click the arrow next to the Export All button to see the advanced options.

      Export Selected

      Once you’ve selected the content you wish to export, press the Export Selected Content button.

      At this point, you can remain on the export page to wait for the export file to become available. A handy notification will appear, offering you a download link.

      Export Success

      The link will contain a download of a .zip file containing any export files (larger blogs will include more than one export file). This ensures the completeness and fastest performance of the export process. When importing back into another blog, you’ll need to unzip the file and import each of the .xml files individually.

      If you’d like to carry on with blogging, it’s safe to navigate away from the screen once the export is in progress. We’ll also email you a link to the export file, which will remain available for download for about a week.

      Note: This will ONLY export your posts, pages, comments, categories, and tags; uploads and images may need to be manually transferred to the new blog. The current version of the WordPress.org installation gives you the option to import uploaded files, but the blog you are importing from must be live and serving images properly in order for it to work. So, if you intend to delete content (or the whole blog) here at WordPress.com, please wait until after media files have successfully been imported into the new blog, and make sure your site is not set to private!

      If you would like to move your blog to a self-hosted WordPress.org installation, take a look at these recommended web hosts.

      Like

  4. Jy sien ek het ook al ‘n pr keer oor dieselfde ding gesit en dink…

    Like

  5. Kameel sê:

    Nou die aand vir skoonseun gevra hoe veilig is hierdie wolk!!! Klink vir my ook of hy een of ander tyd moet bars. My man het sopas sy laptop wat stukkend was gaan haal en ja al die inligting is skoongevee. Gelukkig is dit in die wolk gestoor sê hy. Dus werk die wolk darem nog. Ek myself stoor op ‘n eksterne hardeskyf.

    Like

  6. Daai wolk klink te veel na ‘n donderwolk en ek hou die maar by eksterne hardeskyf

    Liked by 1 person

  7. Dis nou n bewolkte storie. Wat nou as dit n wollose dag is in jou omgewing vlieg dit dan na die plek waar daar wel n wolk is? (Ek grap maar hoor!)Ek sien mos ook in my gedagte die “wolk” wat al vetter en vetter word en dan sal daar maar seker klein wolkies wees om ekstra op te vang.

    Like

    • Toortsie sê:

      Man, hier by ons waai die wind die woke behoorlik deurmekaar, en hier is nog rookwolke ook, want die Kaap is aan die brand. Ek hoop nie die internetwolk is ook tussenin nie! 🙂

      Like

      • Sjoe, daardie rookwolke klink gladnie gesond nie. Sleg om te hoor van brande. Dis tragies dat alles so vernietig word.

        Like

        • Toortsie sê:

          Ek hoor woorde ten opsigte van die brande wat ek nie hier wol noem nie. Angswekkend!

          Like

          • Toortsie sê:

            Iemand wat nogals heelwat weer, skryf:
            Wel die wolk is meer soos ‘n klomp kamers propvol rekenaars en yskoue aircon en allerhande fancy cooling stuff. Die sekuriteit daarop is baie goed, maar nie te sê inligting lek nie uit te danke aan hackers nie. Gaan kyk gerus op YouTube na John Oliver (LastWeekTonight) se onderhoud met Edward Snowden om meer oor die politieke aspek van die sekuriteit te verstaan. Hy het nie die mooiste voorbeeld gebruik om dit te verduidelik nie, maar enigiemand kan dit verstaan.

            Like

            • Toortsie sê:

              Hy skryf ook: verder wil ek ook noem dat die stoorplek sal nie sommer maklik opraak nie, en te danke aan RAID tegnologie (of iets soortgelyk) is die inligting nie net op een hardeskyf op ‘n slag gestoor nie, maar op verskillende hardeskywe regoor die wêreld. Waar mense se algemene backups is weer op een external in ‘n kas iewers lê (ek is ook een van daai).

              Like

          • Kan dit beslis goed glo. Hier in NZ was daar ook n bosbrand wat vandag eers onder beheer gebring is. Ergste is n klein dorpie se huise het afgebrand. Dit alles net omdat mense nie luister as daar geen vuur gemaak mag word nie. Daar by julle is dit veel ernstiger.

            Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s