Banting en eiers en alkohol.

Banting is vir my ‘n leefstyl, lankal nie meer ‘n dieet nie. Ek wil dit baie graag vir die res van my lewe doen en daarom is dit vir my baie belangrik dat dit uitvoerbaar is en dat ek dit na die beste van my vermoë doen. 

Ek probeer my bes om dit 100% uit te voer, tog gebeur lewe en mag dit soms gebeur dat ek nie heeltemal volgens die reëls optree nie. 
Dis dan ook een van die redes waarom ek gespanne maak as mense sommer net vir die uitdaging of lekker daarvan, die reëls nóg stywer probeer maak. Wilskrag is net só sterk, daarom voel ek dat jy niks bewys deur dit moeiliker te maak, net om op die ou end van die wa af te val nie. 

Oor eiers. Ek lees nou die dag op een van die Banting Facebook Pages dat ‘n mens nie gekookte eiers mag eet nie, dan is die vet/proteïenverhouding kwansuis nie reg nie. WIE DINK SULKE BOG UIT?

Die ou geveg oor eiers het gegaan oor eiergeel wat te veel cholesterol bevat. Daarom het soveel diëte voorgeskryf dat ‘n mens net die eierwitte moes eet. Genade! Ek het dit nooit eers probeer nie. Daar was ook die reël dat mens slegs 3 eiers per week mag eet. 

Eiers het genoeg vet in. Dis een van die goedkoopste en wonderlikste proteïene en dit maak nie saak in watter vorm jy dit eet nie. Dis goed vir jou. Dit het ‘n goeie vetinhoud. Gebak in botter, roereier, omelet, in ‘n gereg. Eiers is altyd reg en by Banting mag jy elke dag soveel eiers eet soos wat jy benodig. 

Oor alkohol. Mense vra my soms of hul ‘n drankie mag drink. Hier gee ek regtig my eie mening, en dis nie wetenskaplike inligting nie. 

Prof Noakes sê dat alkohol ‘n gifstof is en omdat ons probeer om gifstowwe uit te sny, is dit beter om nie alkohol te gebruik nie. Banting is egter nie ‘n strafkamp nie en hy gee die persoon die vrye keuse om te besluit of hy alkohol wil gebruik of nie. 

Ekself het omtrent elke aand ‘n glas rooiwyn of ander alkohol gedrink. Op ‘n stadium het my gewig totaal gestagneer. Een van die veranderinge wat ek toe gemaak het, was om slegs een of twee keer per week ‘n bietjie alkohol te geniet. 

So my opinie is dat ‘n mens tog na jou alkoholinname sal moet kyk en dit selfs sal moet verminder indien nodig. Ek dink nie ons kan suip soos ‘n vis en verwag om maer te word nie, of hoe? Té veel alkohol is in elk geval ook nie goed vir ons nie.

Die rooi lys sal ook geraadpleeg moet word. Ek dink beslis bier is uit, sy suikerinhoud is net te hoog. En al daai ‘botteltjies’. Alkohol sal beslis oordeelkundig gebruik moet word. Tim beveel aan, droë wyn. Wees versigtig vir die soetes! Dink voor jy drink!

As ons gewig wil verloor, of gesonder wil leef, moet ons ongelukkig aanpassings maak. Die ou manier het mos nie vir ons gewerk nie, of hoe?

Groetnis

Toortsie

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse: Ons hou plaastroue

Toortsie by Pinterest

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Kosdinge, Verslanking and tagged , , . Bookmark the permalink.

3 Responses to Banting en eiers en alkohol.

  1. seegogga sê:

    jy lyk natuurlik deesdae pragtig en jonk, so dit werrk verseker!

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s