Liewe Anneli

Liewe Anneli

Ek is in vervoering oor jou boek! Hartlik geluk daarmee. Baie geluk ook met die prys wat jy daarmee saam gewen het.

Toe ek begin lees het, kon ek dit net nie neersit nie. Dankie dat jy vir my, ‘n Bredasdorper, my dorp en sy mense so laat lewe het. Dit was dalk toevallig, maar ek kon ‘n prentjie by elke gesig sit: Die horlosiemaker, die begrafnisondernemer wat altyd so stil gestaan het, eenkant, waardig by die begrafnisse. Dit kan beslis nie dieselfde oom wees wat jy beskryf het nie, want ek dink aan een uit my jongdae! Ag, en die besemman en sy vrou wat so geboë agterná waggel, wat orals ‘n geselsie wou maak, ek sien hom!

Dankie dat jy die dorp so raak beskryf: Die skeepswrakmuseum met sy see-geluide, die boegbeeld, tannie Mags se bottels, die pragtige kamer waar die hemelbed nog altyd gestaan het. Die ou sloot.

Dankie ook vir die eer wat jy aan Skipskop gee. En ja, dalk ís dit wat nou, dertig jaar nadat Skipskop ontruim is, gedoen moet word. Dalk moet daar so ‘n skaalmodel gebou word! Jy weet, in Australië sien ‘n mens orals die monumente, “Lest we forget.” En mag ons nooit vergeet dat daar ‘n dorpie was soos Skipskop nie en dat dit nie sommer net ‘n liedjie is wat Sonja Heroldt sing nie, dit het regtig gebeur met regte mense.

En juis dít laat my dink: Die stories van die mense moet opgeskryf word, en wie anders is meer geskik om dit te doen as juis jý, agter-agterkleindogter van die stigter daarvan?

Dit was vir my baie interessant om te lees hoe hulle die visse gevang het by Skipskop. Oom Daantjie Nefdt het altyd vir my pa vars vis gebring van Skipskop af, een keer sal ek nooit vergeet nie. Toe hy by my pa kom, is hy so opgewonde, hy het gesê: “Hulle kom nou net uit die see, hulle lewe nog!” 🙂

Ag en dan noem jy so bekende name, name wat vir my ná aan die hart lê, soos Koppie Alleen en die De Hoop Natuurreservaat, en ook name wat ek in die tagtigerjare in ons huis gehoor het van die groot kokkedore in die Kaap wat al die besluite geneem het.

Dankie, dankie, dankie vir hierdie heerlike ‘trip down memory lane’. En ek sal altyd bly wonder wat die uitslag was! 🙂

Uitstekend geskryf!

Groete

Toortsie

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse: Ons hou plaastroue

Toortsie by Pinterest

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Boeke en flieks and tagged , , , . Bookmark the permalink.

2 Responses to Liewe Anneli

  1. seegogga sê:

    pragtig geskryf. En nou spring jy my lekker voor, want ek dreig al van Augustus af om ‘n resensie te skryf en het nog ne daarby uitgekom nie!

    Liked by 1 person

    • Toortsie sê:

      Maar jy kan gerus ook een skryf! Ek moet dadelik skryf, anders vergeet ek. In gister se By is ‘n baie interessante stuk wat Johan Nefdt oor die onteiening geskryf het. Onteiening is aaklig!

      Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s