Bantingnavraag oor melk en ander suiwelprodukte

Op ‘n gereelde basis vra iemand my of ons Banters melk mag drink. 

Melk is op die groen lys, so ons mag dit drink. Maar, slegs volroommelk. Geen afgeroomde melk of laevetmelk nie. Ongelukkig is die melk én die room wat ons in die winkels koop, afgeroom! Dit is nie naastenby die ‘volroom’ soos wat dit van die koei af kom nie. 

Baie mense is sensitief vir melk. So my antwoord is altyd, ja, jy mag volroommelk gebruik, maar wees maar versigtig. Die koolhidraatinhoud van melk is wel hoog. Moenie emmersvol melk gaan drink nie. Room is beter. 

So, indien moontlik, vervang die melk in jou resepte met room. Drink eerder room in jou koffie. Ek maak soms vir my ‘n ‘trooskoppie’ waarin ek room en ‘n bietjie melk gooi, 2 teelepels kakao en 2 teelepels xylitol. Een minuut in die mikrogolf en whalla! Nie elke dag nie! 

By alle suiwelprodukte is volroom toelaatbaar terwyl gewaak moet word teen laevet. Alle kase is toelaatbaar, soveel as wat jy wil hê. Weer eens, geen laevetkase nie. Jy mag baie kaas eet. Dis die ideale peuselhappie.

By roomkaas en maaskaas moet jy mooi kyk. Moenie die laevet of mediumvet koop nie. Kyk vir die volroomroomkaas. Onthou, ons hoofdoel is om vetinhoud te verhoog. Vet gee geur, vet maak vol. 

Ek verkies roomkaas bo maaskaas en joghurt omdat die vetinhoud hoër is, maar meestal sal ek eerder sommer mascarpone gebruik omdat dit selfs 3x room inhet. Hoe romeriger, hoe beter.

In Suid-Afrika maak Fair Cape ‘n dubbelroomjoghurt wat met xylitol versoet is. Ander joghurts se suikerinhoud is net te hoog. Ons kan dit, die dubbelroom een, gebruik, maar ook nie elke dag nie. Dis my persoonlike mening. 

Fetakaas is een van die plekke waar ons wakker moet wees. MOENIE LAEVET FETA KOOP NIE. Koop gewone feta. 

Amper vergeet ek van BOTTER! Ek gebruik SLEGS botter vir AL my bak-en kookdoeleindes. Botter is smaakvol en verbeter die smaak van ENIGE gereg. 

Ek sien gereeld op die Banting Facebookblaaie dat hulle ‘n suiwelvas hou. Ek is totaal gekant teen dit. Suiwel is ‘n voedselgroep wat ons mag eet. Ons sny reeds alle stysels ook uit, hoekom sal ons kosse wat ons mág eet, ook nog uitsny? My bekommernis is dat ons ons Banting té moeilik maak en op die ou end van die bus afval. 

Ek kan nie ‘n dag sonder suiwel in my dieet nie. My mening? Gebruik dit, veral room en kaas. Suiwel is my redding. As ek regtig lus het vir iets soets, maak ek vir my ‘n roomkaastert. Het ek lus vir knibbel, is kaas altyd ‘n wenner. Ek verhoog die vetinhoud van my kosse met room. 

Geniet dit!

Toortsie

Toortsie’s Banting Bash Facebook page

Toortsie’s Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse: Ons hou plaastroue

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Kosdinge, Verslanking and tagged , . Bookmark the permalink.

12 Responses to Bantingnavraag oor melk en ander suiwelprodukte

  1. AWETHENTIQ sê:

    Jou bekkie verdien jêm! (Figuurlik gesproke, vervang met ‘n biki kaas & biltong.) Dankie vir die lekker romerige advies. Uit ervaring kan ek sekondeer.

    On 7 Jan 2017 08:21, “Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog” wrote:

    > Toortsie posted: “Op ‘n gereelde basis vra iemand my of ons Banters melk > mag drink. Melk is op die groen lys, so ons mag dit drink. Maar, slegs > volroommelk. Geen afgeroomde melk of laevetmelk nie. Ongelukkig is die melk > én die room wat ons in die winkels koop, afger” >

    Liked by 1 person

  2. Allison Bell sê:

    Wat is maaskaas in engels en wat is cottage cheese in Afrikaans? Confused engelsman.

    Like

  3. Henriette Gilbert sê:

    Dankie tog ek sukkel sondet roomkoffie en kaas en almal sê altyd los suiwel. Met suiwel is dit heeltemal volhoubaar. 3 hoeras vir Toortsie

    Liked by 1 person

  4. My swaer “bant” al 2jr lank en hy sweer daarby. Hy is ‘n ultramarathon atleet. Maar vandat hy banting doen kon hy om die dood nie nie comrades klaar hardloop nie? Terwyl hy voorheen dit gemaklik reggekry het terwyl hy op ‘n gewone dieet was. Wat dink jy sal die rede daarvoor wees? Bygesê ek skiet glad nie die dieet af nie, ek wonder maar net.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s