Vryheidsponcho

Toe Karen Adendorff op die Ons Hekel Facebookgroep vertel het dat hierdie poncho se patroon in die Vrouekeur verskyn, was ek onmiddellik verlief daarop en het die tydskrif loop koop. Hierdie poncho móét ek vir my hekel! When I saw this wonderful pattern of a poncho, I was tempted to make one myself, I just couldn’t help it!

Ek was egter met ‘n ander projek besig wat binne ‘n sekere tyd moes klaarkom, so die poncho moes maar vir eers wag. Op ‘n stadium het ek die eerste wolle gaan koop, mooi kleure wat bymekaar pas.
Maarrr ek ontdek toe nog ‘n paar ánder bolletjies wol by die huis en haak toe weer heeltemal uit. Hoe moes daai wolletjies nou voel? Die voorgeskrewe 6 kleure word toe 9 en ja, nie almal is volgens die kleurwiel nie.

Toortsie raak waaghalsiger by die dag. Eers was dit die Askieskombers  toe die Aspriskombers. Asof dít nie genoeg is nie, kom Astrant by!

So tussen die hekelwerk dink ek by myselwers dat dit dalk ‘n bietjie dik vir ‘n daalder is, maar soos hy vorder, hoe meer krul my tone van opgewondenheid.

Hierdie is my vryheidsponcho! Hiermee vier ek my vryheid. Amandla! Ek is vry, los van die kleurreëls, maar terselfdertyd ook sommer los van ‘n spul bande wat my beperk. Ek is vry om my uniekheid, my andersheid, my eksentriekheid ten volle te geniet! Hoeraaa!

En die meeste van alles vier ek sommer net weer eens my vryheid in Christus ook!

So hier is hy, my vryheidsponcho wat my sowaar ‘n nag laat wakkerlê van van opwinding. Die Karen Adendorff poncho met ‘n asterik! *

Groetnis
Toortsie

Toortsie’s Banting Bash Facebook page

Toortsie’s Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse: Die grootste geskenk wat my dogter my kon gee

15 thoughts on “Vryheidsponcho

Gesels saam, asseblief!