Wag, kom ek begin by Sarel.
Sarel het skielik ‘lewe gekry’, of moet ek sê, hy is ‘gebore’ die week voor my dogter se troue. Nee man, nie lewe gekry of gebore nie, hy het toe te voorskyn gekom. Daagliks is ‘n stukkie trounuus aan hom oorgedra op facebook. Stukkie vir stukkie het die opwinding opgebou en Sarel was deel daarvan.
Facebookvriende het saamgespeel. Sarel het ‘persoonlikheid’ begin kry. Sommige het selfs voorgestel dat Sarel moet ogies maak vir Ursula! Ursula was woedend. Verneder. Het afgeskeep gevoel oor die aandag wat die kamtige Sarel kry terwyl sy skielik op die agtergrond geskuif word. (Vir diegene wat nie weet nie, Ursula is my Alter Ego.)
Sarel is teruggepos na waar hy vandaan kom.
Gister stuur iemand vir my hierdie foto:
Groot opwinding op facebook! Is dít hoe Sarel lyk?
Toe kom die versoek: ‘n Foto van Ursula asseblief.
Hoe lyk Ursula?
Ek dink toe daaraan om ‘n kompetisie uit te skryf, dalk weet my FB vriende hoe sy lyk!
Ek het my gou besin, netnou doen iemand haar oneer aan en sy is net té kosbaar vir my!
Nee, geen fotokompetisie nie. Ursula is nie só goedkoop nie. Ursula is ‘n statige dame, een met vuur en lewenslus in haar oë. Een wat haar nie sommer deur die lewe laat onderkry nie. ‘n Raakvatter. Misterieus.
En dís hoe sy gaan bly. Musterieus. Een oor wie mens wonder. Geheimsinnig.
Groetnis
Toortsie
(Suiwer verbeelding en pret deur Toortsie uitgedink)
Toortsie’s Banting Bash Facebook page
Toortsie’s Facebook page
Toortsie’s LCHF stories on Fridays (Afrikaans)
Order Toortsie’s Banting Bash here.
Finesse Blogger of the week
Ek sien net hoe daardie verbeelding groei en groei en groei!
LikeLiked by 1 person
Dis ander mense wat dit mis en water gee!
LikeLike
Ursula is in elk geval vir my ‘n mystery…. kon haar nog nooit kop nie. 😦
LikeLike
Om die waarheid te sê, ek ook nie! Dis baie keer ‘ander mense’ wat haar ‘lewendig hou’, maar ek geniet dit solank ek kan. 🙂 (Moenie worrie oor my nie, of dalk moet jy!)
LikeLiked by 1 person