Slaap, slaap en slaap

Daar is baie soorte slaap. Daar’s die rustige slaap van ‘n babatjie, veilig in haar mamma se arms, of die koorsagtige slaap van ‘n baie siek persoon wat rondrol en sweet van die koors. Daar is die nagmerrie wat jou net nie wil los nie en aanhou en aanhou om jou te jaag, selfs al word jy wakker intussen. O en dan is daar die Sondagmiddag slaap-van-die-dooies!

Daar is die dankbare slaap ná die ‘opmaak’ van ‘n groot rusie, of die gelukkige slaap in die arms van jou geliefde. Om erg ongemaklik te lê  op ‘n harde vloer, gee ‘n ander tipe slaap as wanneer jy in ‘n lieflike, luukse bed lê. 

Daar is ‘n groot verskil ervaar tussen ‘n adrenalienslaap en ‘nafskakelslaap. Die adrenalienslaap waar jy so uitmergelend moeg is, maar jou brein net nie wil afskakel nie, waar jy selfs kans het om ‘n bietjie later te lê, maar die adrenalien jou uit die bed uit jaag, jou krag gee om voort te gaan soos ‘n sterk bees met onophoudelike krag. 

Afskakelslaap, daarteenoor, is die lekker van al moeg  en vaak wees, maar sommer net nog ‘n bietjie lui-lekker op die sitkamerbank sitlê en te weet dat jy nie nou dadelik hóéf te slaap omdat môre weer ‘n vol dag gaan wees nie. Om te kan gaan lê en net ontspan. Of om te lê en weg te dommel en selfs die mense te hoor praat op die afstand en nie bekommerd daaroor te wees dat jy die rus nodig het nie omdat jy sommer net kan ontspan en wakker word en slaap wanneer jy wil. Min dinge is so lekker soos die afskakel ná die besige tyd nie!

En dan is daar die vakansieslaap van slaap tot jy honger is en eet tot jy moeg is (om die woorde van ‘n spesiale iemand te herhaal.) 🙂

Toortsie

Toortsie’s Banting Bash Facebook page

Toortsie’s Facebook page

Toortsie’s LCHF stories on Fridays (Afrikaans)

Order Toortsie’s Banting Bash here. 

Finesse Blogger of the week

Finesse: Die grootste geskenk wat my dogter my kon gee

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Die lewe and tagged . Bookmark the permalink.

5 Responses to Slaap, slaap en slaap

  1. Kameel sê:

    Nooit in die middae geslaap nie, nou raak ek sommer so in die stoel met boek en al aan die slaap. Dit is seker die slaap van as jy ouer word. Wat is die slaap ‘n wondersoete ding!!!!

    Liked by 1 person

  2. 😀 “slaap tot jy honger is en eet tot jy moeg is”. En dan slaap jy weer. Dit klink soos my huishouding oor die feesdae.

    Liked by 1 person

  3. Ek slaap darem al te lekker vandat ek afgetree het en my skildklier onder duim is.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s