Woorde wat raak

Op 1 Januarie skryf Son: ‘As ‘n mens nie val vir iets nie, beteken dit jy het nooit gestaan vir iets nie.’ Waarvoor staan ek? Waarvoor is ek bereid om só te staan dat dit nie saak maak as ek daarvoor val nie? Is ek nog bereid om só vir iets te staan, selfs al maak dit my ongewild? Het mense nog die moed om vir iets op te staan, of is ons eerder bereid om kompromië aan te gaan, ten koste van wat ons glo? 

En terwyl ek nou staan, dis vir my ‘n bekommernis dat die waarheid al hoe makliker verdraai word. 

So van staan gepraat, dankie aan die Wit Hasie wat opstaan vir ons boere.  Dis voorwaar ‘n riem onder die hart. Dis nogals iets wat ek deesdae meer raaksien: Mense wat opstaan vir ons boere. Van kleins af het ek baiekeer die teendeel ervaar uit oorde van waar ‘n mens dit nooit sou verwag nie. Dankie, Hasie!

Op 2 Januarie skryf Marijke Greeff: ‘Sterk, intelligente vroue wat nie bang is om op te staan vir dit waarin hulle glo, baklei vir die vir wie hulle lief is en mense tromp op te loop wat hulle teëgaan nie, wat beginsels en integriteit het, is volgens my beskeie mening tydloos.‘ WOW! Hier kom die staan vir dit waarin jy glo, weer op. Interessant as dit so herhaal word, né?

Tog interessant dat die woorde uit die Bybel wat die laaste tyd oor en oor in my kop opkom, dis woorde wat ek die laaste tyd al ‘n paar keer op my blog en facebook blad herhaal het, is: ‘Wees sterk, wees vasberade.’ (Josua 1:6)

En dan bring Elané die sagtheid in saam met die innerlike krag  dat dít wat sy voor God se voete neergesit het, daar gaan bly. Sy bid dat sy nie dit wat sy vir God gegee het om te hanteer, weer self sal opneem nie. Wat ‘n mooi gebed. Dat ons God sal vertrou met ons bekommernisse en nie die goed weer uit Sy hande sal neem nie.  

Sterkte vir jou. Mag jy die geloof hê om God te vertrou met jou bekommernisse, maar mag jy ook sterk wees om te staan vir dit waarin jy glo. 

Daily prompt: Interior. May we never forget that what we stand for, how we live, is a reflection of our interior, of what we believe in. Let us stand up for what is worth it. 

Groetnis

Toortsie

Toortsie’s Banting Bash Facebook page

Toortsie’s Facebook page

Toortsie’s LCHF stories on Fridays (Afrikaans)

Order Toortsie’s Banting Bash here. 

Finesse Blogger of the week

Finesse: Die grootste geskenk wat my dogter my kon gee

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Geleefde Christenskap. Bookmark the permalink.

2 Responses to Woorde wat raak

  1. diewithasie sê:

    Ja ek sien ook oral, “staan op” of “staan sterk” en toe dink ek dat ek dit net raak lees want ek wil dit sien maar ek is bly ek is nie al een wat dit oral raak lees nie. Dalk is 2017 die jaar wat mense nie meer moan van die rusbank af nie maar opstaan en iets aan die problem doen. Al is dit net om een van die snotty tieners in die huis ‘n goeie pak te gee 🙂

    Liked by 2 people

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s