Bantingnavraag deur beginnerbanter

Na aanleiding van ‘n navraag van iemand, het ek hierdie geantwoord. Dit was ‘n Beginnerbanter. Dalk help hierdie antwoord ook iemand anders. 

Onthou, ek skryf slegs uit eie ondervinding, hierdie antwoord is níé die Alfa en Omega nie en beslis nie mediese raad nie. Met enige gesondheidsbekommernisse moet u asseblief u dokter raadpleeg.  Dis ook goed dat Beginnerbanters eers hulle dokter raadpleeg. Dis vir my belangrik dat jou dokter saamstem of bewus is dat jy dit doen. 

Die eerste vraag gaan oor gewigskommeling. Sy het onmiddellik ‘n hele klompie kilogramme verloor, maar dit weer opgetel. Sy Bant nog net ‘n paar weke. My eerste raad is, hou net aan. My gewig skommel ook maar heeltyd, maar 5 kg opgetel voel nogals baie.

Asseblief, los alle stysels, suiker en meel. Baie mense sê hulle doen, maar as jy mooi kyk, is daar nog iewers ‘n lepel meel of ‘n bietjie rys of iets. ‘Geen stysel’ beteken geen graanmeel, geen rys, geen brood, geen aartappels. 

Volg die lyste soos gegee deur The Real Meal Revolution. Dis gratis aflaaibaar van die internet af. Op hierdie stadium verkies ek nog die oorspronklike lyste. Van die groen lys mag jy eet soveel soos jou liggaam benodig, van die rooi lys mag jy regtig glad nie eet nie. Oranjelys soos aangedui. Onthou die oranjelys is of, of, of. So as jy 1 en ‘n halwe appel geëet het, is jy klaar met die oranje lys vir die hele dag. 

Moenie probeer om brood, ens te vervang nie. Los dit net heeltemal uit.

Hou dit so eenvoudig as moontlik, jou liggaam het groot aanpassings om te maak. 

Los vir eers alle gebak met amandelmeel en sulke goed. Dis nie vir elke dag nie. Stadig ook met die drankies. 

Ek eet in die oggend: 2 eiers, halwe avo en tamatie. 

Hoofmaal een of ander vleis en slaai of groente.

Ligte ete tunaslaai of so iets. 

Kaas vir deur die dag knibbel as jy honger voel.

Eet eenvoudige kos. Geen pakkies verwerkte kosse nie, ek koop selfs nie ‘Banting goedgekeurde’ pakkies kosse nie. Jy het letterlik geen beheer oor wat mense daarin gooi nie. 

Verhoog jou vetinname. Jy doen dit deur melk met room te vervang, geen laevetprodukte te gebruik nie. Vervang hoenderborsie met ‘n dytjie en boutjie (gunsak). Eet die vetter vleis. Eet baie kaas, salami. 

Wees versigtig met neute en maak seker dat jy nie grondboontjies en cashunuts eet nie. Geen ‘legumes’ nie. Geen kekerertjies, droë boontjies. 

Ek weet nie wat om van jou depressie te sê nie. Dit voel of die carb flu noual verby moes wees. Onthou daar vind groot veranderinge in jou liggaam plaas. Jou liggaam moet groot aanpas. Jyself noem ook die groot veranderinge wat in jou lewe plaasgevind het die laaste tyd, dit eis maar sy tol.

Moet onder geen omstandighede honger ly nie. Ons volg nie ‘n hongerlydieet nie. Eet genoeg kos. Ek voel altyd beter as ek geëet het. 

‘n Goeie vitamienpil laat my ook baie keer goed voel. As die depressie aanhou, moet jy asseblief ernstig daaraan dink om jou dokter te sien. 

Dankie vir jou navraag. Ek hoop dit werk vir jou.

Daily prompt: Interior. If you make sure that your interior is right, the exterior also will be right. Eat thevright food and the rest will come.

Groetnis

Toortsie

Toortsie’s Banting Bash Facebook page

Toortsie’s Facebook page

Toortsie’s LCHF stories on Fridays (Afrikaans)

Order Toortsie’s Banting Bash here. 

Finesse Blogger of the week

Finesse: Die grootste geskenk wat my dogter my kon gee

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Kosdinge, Verslanking and tagged . Bookmark the permalink.

3 Responses to Bantingnavraag deur beginnerbanter

  1. Val Duminy sê:

    Toortsie, my afrikaans is soos jou Engels!Ek Bant nou vir so 18 maande. Ek is af van my depressie medikasie. Daar was dae waar ek kan voel my kop is nie lekker nie- amper soos “brain fog” . Ek drink twee 1000mg Omega 3 kapsules elke dag. Dit help om die boodskappe beter oor te dra by die “synapses” in die senuweestelsel. By my maak dit ‘n groot verskil. Hoop iemand kan hierdie inligting gebruik.

    Liked by 1 person

  2. I don’t understand the language but I write to support your blogging effort. Hope you like it.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s