Dis Kersfees

20161223_194854Ek het vir Scrapy gesê ek sal ‘n foto of twee neem van wat hier bokant ons in die straat aangaan oor die kersgety. Ongelukkig kan my foon nie die mooi daarvan vasvang nie, ook nie die lieflike atmosfeer wat daarmee saamgaan nie.

Vir jare noual is daar ‘n klompie huise met hulle tuine, wat in Desember bedek word met flikkerende kersliggies in alle kleure. Dis prentjiemooi om die wonderwêreld te betreë. Die lug is gevul met musiek, mense slenter hand aan hand rond, of sit op kampstoele of sommer op die sypaadjies se gras, en hou piekniek. Kindertjies hardloop laggend rond, en karre ry stadig daar verby om die skouspel te bekyk. Vir diè kort tydjie in die jaar voel dit werklik na vrede op aarde.

‘n Geseënde Kersdag vir julle, en mag elkeen weer opnuut besef hoe groot God se liefde vir jou is. Jesus is Sy geskenk aan jou!!!

20161223_195222

20161223_195730
For God so loved the world that He gave His only Son that whoever believes in Him should not perish but have eternal life.

15 thoughts on “Dis Kersfees

        1. Het heeldag trui en dik baadjie aangehad. Dit het heerlik gereën. Vertrou jy het ‘n lekker dag gehad. Nou lus vir ontspan met ‘n boek en dan bed. Mooi aand vir jou.

          Liked by 1 person

  1. BAIE BAIE dankie vir die wonderlike Kersfees wense en manier om dit te beleef daar by jou. Dit is werklik n riem onder die hart dat daar darem nog aan die egte herdenking gedink word. Liefde en vrede en in die mense n wel-behae. Dis baie spesiaal. (Ek si nog steeds op “eensame afsondering” wat ek heerlik geniet. Geen TV, internet of radio. CD’s met afrikaanse musiek speel saans terwyl ek rustig sit en hekel. “Girly” is toe 29e Des gebore. Nou hekel ek n kombersie. Haar naam is Beatrix! Ek is so trots op my ou kleinkindjie en my twee kinders wat nou self pappa en mamma is.) Sal weer verder gesels as ek na 8e weer tuis is. Voorspoed vir jou en jou mense ook vir 2017.

    Like

    1. Ai scrapy sien nou eers die kommentaar. Seënwense vir julle as familie met Beatrix se geboorte. Mag sy vir julle groot vreugde bring. Hekel maar lustig voort ouma.

      Like

Gesels saam, asseblief!