Dis Kersfees

20161223_194854Ek het vir Scrapy gesê ek sal ‘n foto of twee neem van wat hier bokant ons in die straat aangaan oor die kersgety. Ongelukkig kan my foon nie die mooi daarvan vasvang nie, ook nie die lieflike atmosfeer wat daarmee saamgaan nie.

Vir jare noual is daar ‘n klompie huise met hulle tuine, wat in Desember bedek word met flikkerende kersliggies in alle kleure. Dis prentjiemooi om die wonderwêreld te betreë. Die lug is gevul met musiek, mense slenter hand aan hand rond, of sit op kampstoele of sommer op die sypaadjies se gras, en hou piekniek. Kindertjies hardloop laggend rond, en karre ry stadig daar verby om die skouspel te bekyk. Vir diè kort tydjie in die jaar voel dit werklik na vrede op aarde.

‘n Geseënde Kersdag vir julle, en mag elkeen weer opnuut besef hoe groot God se liefde vir jou is. Jesus is Sy geskenk aan jou!!!

20161223_195222

20161223_195730

For God so loved the world that He gave His only Son that whoever believes in Him should not perish but have eternal life.

Advertisements
This entry was posted in Die lewe. Bookmark the permalink.

15 Responses to Dis Kersfees

  1. travel460 sê:

    Dit is nou werklik spesiaal, die mense wat so saamwerk om Christus liefde uit te dra. Seën vir julle ook in hierdie tyd.

    Like

  2. Pragtig !
    Geseënde Kersfees vir jou en jou gesin

    Like

  3. Attie Nel sê:

    Geseënde tyd vir jou en jou mense ook.

    Liked by 1 person

  4. BAIE BAIE dankie vir die wonderlike Kersfees wense en manier om dit te beleef daar by jou. Dit is werklik n riem onder die hart dat daar darem nog aan die egte herdenking gedink word. Liefde en vrede en in die mense n wel-behae. Dis baie spesiaal. (Ek si nog steeds op “eensame afsondering” wat ek heerlik geniet. Geen TV, internet of radio. CD’s met afrikaanse musiek speel saans terwyl ek rustig sit en hekel. “Girly” is toe 29e Des gebore. Nou hekel ek n kombersie. Haar naam is Beatrix! Ek is so trots op my ou kleinkindjie en my twee kinders wat nou self pappa en mamma is.) Sal weer verder gesels as ek na 8e weer tuis is. Voorspoed vir jou en jou mense ook vir 2017.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s