So my laaste laatlam kry toe troukoors en wou op die plaas trou. In Desember van alle tye.
Net so onderkant ons huis is daar ‘n kerksaaltjie en dáár moes die seremonie plaasvind, onthaal by ons op die plaas. Maar Desember is suid-oos tyd en die wind waai die hele week vooraf.
Die uitsig en lekker Desember-aande móét benut word en ‘n regte plaaskuierarea word voor die stoor omskep met strooibale en braaiplekke waar lamstjoppies, hoendersosaties en roosterkoeke bedien was in die tyd wat daar gewag is vir die bruid en bruidegom om van die fotosessie terug te keer.
Antoinettes Events het hulself oortref om die ou plaasstoor omskep in ‘n lieflike ‘trou-venue’. ‘n Blommefees!
Wat vir hierdie Toortsie baie waardevol is, is dat die bruid een dag vir die Toortsie gesê het sy wil graag haar ma se trourok gebruik, dié een wat die Toorts self gemaak en gedra het 30 jaar terug. Dáárdie rok hang al vir 20 jaar in my gang in stof en storm! Sus het die trourok saamgeneem na die rokmaker wat dit uitmekaar gehaal het, oor ontwerp het en nuut geskep het. Sy het haarself oortref: Dis splinternuut, maar tog só bekend!
Die Liewe Vader het gesorg: Daar het nie eers ‘n windjie gewaai nie!
Fotograaf: Kobus Tollig Photography.
Groete
Toortsie
Toortsie’s Banting Bash Facebook page
Toortsie’s Facebook page
Toortsie’s LCHF stories on Fridays (Afrikaans)
Order Toortsie’s Banting Bash here.
Toortsie’s LCHF Journey
Finesse Blogger of the week
Finesse: Eerder ‘n foto asseblief
Oooo die knop in die keel mooi! Baie geluk!
LikeLiked by 1 person
Dankie!
LikeLiked by 1 person
Stunning!
LikeLiked by 1 person
Baie geluk! Dis pragtig! Jy is tereg trots 🙂
On 17 Dec 2016 19:43, “Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog” wrote:
> Toortsie posted: “So my laaste laatlam kry toe troukoors en wou op die > plaas trou. In Desember van alle tye. Net so onderkant ons huis is daar ‘n > kerksaaltjie en dáár moes die seremonie plaasvind, onthaal by ons op die > plaas. Maar Desember is suid-oos tyd en die win” >
LikeLike
Dankie
LikeLiked by 1 person
Ag alles lyk so pragtig!
LikeLike
Veels geluk aan bruid en bruidegom en ook die ouers. Klink of dit n fees was. Dis so lekker om te weet dat jou “ou” trourok weer “nuut” gemaak is.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie
LikeLiked by 1 person
Sy het pragtig gelyk! Baie geluk!
LikeLike
Baie dankie
LikeLike
Baie geluk!
LikeLiked by 1 person
Baie dankie!
LikeLike
Baie geluk met die nuwe kind, Toortsie! En wat ek van die troue kon sien, was dit PRAGTIG!
LikeLiked by 1 person
Baie dankie. Ja dit was regtig mooi en lekker.
LikeLiked by 1 person
Pragtig! BAie geluk Toorts!
LikeLiked by 1 person
Baie dankie!
LikeLike
Rooikopkleinkinders 🙂 baie geluk (nee nie nou al met die kleinkinders nie!). Terloops lyk nie of hulle banting dieet benodig nie 🙂
LikeLike
Mal oor rooikoppe! Hulle het gewoonlik spirit!
LikeLiked by 1 person
Ons was self die naweek by ons groot vriende se jongste se troue, en het tydens die diens baie aan julle gedink. So ñ hoogtepunt in almal se lewens. So ñ spesiale tyd vir ons kinders. Mag julle wonderlike herinneringe van dié dag met jul saamdra, Toortsie..
LikeLiked by 1 person
Dankie. Ek en jy moet volgende jaar nog groot gesels oor Bali
LikeLiked by 1 person
Ai… dit laat my dink aan my ma!! Sy gewoonlik gebid dat die weer saamspeel vir troues! Ja… jy raai reg! Die Goeie Here het geluister! 😉
LikeLiked by 1 person
Sorry… ek wou bylas… wat ‘n oulike twee!! Lank sal die liewde lewe!!! 😉
LikeLiked by 1 person
Dankie
LikeLike
Natuurlik sal Hy luister! 🙂
LikeLiked by 1 person
Baie mooi. Besonders. Hoop jy kom nog wys
LikeLiked by 1 person
Pragtig. Baie geluk.
LikeLiked by 1 person
Dankie!
LikeLike
Dankie
LikeLike