Toortsie-hulle hou troue!

So my laaste laatlam kry toe troukoors en wou op die plaas trou. In Desember van alle tye. 

Net so onderkant ons huis is daar ‘n kerksaaltjie en dáár moes die seremonie plaasvind, onthaal by ons op die plaas. Maar Desember is suid-oos tyd en die wind waai die hele week vooraf. 

Die uitsig en lekker Desember-aande móét benut word en ‘n regte plaaskuierarea word voor die stoor omskep met strooibale en braaiplekke waar lamstjoppies, hoendersosaties en roosterkoeke bedien was in die tyd wat daar gewag is vir die bruid en bruidegom om van die fotosessie terug te keer. 

Antoinettes Events het hulself oortref om die ou plaasstoor omskep in ‘n lieflike ‘trou-venue’. ‘n Blommefees!

Wat vir hierdie Toortsie baie waardevol is, is dat die bruid een dag vir die Toortsie gesê het sy wil graag haar ma se trourok gebruik, dié een wat die Toorts self gemaak en gedra het 30 jaar terug. Dáárdie rok hang al vir 20 jaar in my gang in stof en storm! Sus het die trourok saamgeneem na die rokmaker wat dit uitmekaar gehaal het, oor ontwerp het en nuut geskep het. Sy het haarself oortref: Dis splinternuut, maar tog só bekend!

Die Liewe Vader het gesorg: Daar het nie eers ‘n windjie gewaai nie!

Fotograaf: Kobus Tollig Photography

Groete

Toortsie

Toortsie’s Banting Bash Facebook page

Toortsie’s Facebook page

Toortsie’s LCHF stories on Fridays (Afrikaans)

Order Toortsie’s Banting Bash here. 

Toortsie’s LCHF Journey

Finesse Blogger of the week

Finesse: Eerder ‘n foto asseblief

28 thoughts on “Toortsie-hulle hou troue!

  1. Baie geluk! Dis pragtig! Jy is tereg trots 🙂

    On 17 Dec 2016 19:43, “Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog” wrote:

    > Toortsie posted: “So my laaste laatlam kry toe troukoors en wou op die > plaas trou. In Desember van alle tye. Net so onderkant ons huis is daar ‘n > kerksaaltjie en dáár moes die seremonie plaasvind, onthaal by ons op die > plaas. Maar Desember is suid-oos tyd en die win” >

    Like

  2. Ons was self die naweek by ons groot vriende se jongste se troue, en het tydens die diens baie aan julle gedink. So ñ hoogtepunt in almal se lewens. So ñ spesiale tyd vir ons kinders. Mag julle wonderlike herinneringe van dié dag met jul saamdra, Toortsie..

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!