Tie a yellow ribbon

Een of ander keer wat die Amerikaanse soldate van ‘n oorlog af teruggekeer het, het daar orals geel linte in die bome en aan huise se dakke gewapper om te wys dat hulle terug verwelkom word. Dis natuurlik na aanleiding van die liedjie, ‘Tie a yellow ribbon round the old oak tree if you still want me.’

Dit laat my dink aan ‘n soortgelyke Afrikaanse liedjie van ‘n outjie wat terugkom huis toe en vra dat sy meisie ‘n liggie moet aanskakel en toe hy daar kom, hang daar ‘n duisend liggies.

Dis maar net liedjies, maar die werklike doen daarvan was vir my net wonderlik! Elke keer wat ek daarvan praat, kry ek ‘n knop in my keel, selfs nou nog, jare daarná!

So, toe my seunskinders die eerste keer huis toe kom van universiteit af en ek so erg na hul verlang het, het ek geel linte opgehang en koek gebak. Dieselfde toe die meisiekind die eerste keer huis toe gekom het. Daardie keer het ek niks geels gehad nie en het ‘n groot stuk roomkleur lap gehang.

Hierdie keer het ek spierwit net gehang, want ‘n voornemende bruid het huis toe gekom!

Groetnis

Toortsie

Toortsie se Bantingboerekos Facebook page

Toortsie se Facebook page

Finesse Blogger van die week

Toortsie by Finesse: Hieroor vier ek Kersfees.

Toortsie op Pinterest

Toortsie by Low Carb Direct: Jy het nou jou doelgewig bereik, so wat nou?

Advertisements

14 thoughts on “Tie a yellow ribbon

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s