Die Here is ons skuilplek

Ps 91:9-11: “Omdat jy die Here as skuilplek geneem het, die Allerhoogste as jou beskermer, sal geen onheil jou tref en geen plaag naby jou woonplek kom nie. Hy sal sy engele opdrag gee om jou te beskerm waar jy ook al gaan.”

Dit gaan woes en ons is besig om die jaar se dinge klaar te kry, dat, voor ek my kom kry, ek ‘n paar dae net vinnig stiltetyd gehou het. Ek begin sleg slaap, ervaar onrustigheid.

Toe ek my gebedsjoernaal uithaal, besef ek dat daar 4 dae verloop het sedert ek daarin geskryf het. Vier dae sedert ek behoorlik rustig gaan sit het by Jesus se voete, rustig geword het, geput het uit sy krag. Vier dae van net vinnig Bybel lees en bid.

Ek skryf in my boek: “Here, ek smag na U.”

In 2 Konings 19 lees ek hoe Sanherib vir Jerusalem probeer oorneem, hul praat demoraliserende dinge sodat die Judeërs bang word, sodat hul hul geloof in God moet verloor. Hy noem feite, dat hy al al die omliggende lande oorwin het, hoekom sal die kleine Juda bly staan? Hy sê selfs dat Gód hom gestuur het om Juda te kom oorneem.

Maar koning Hiskia weet wie sy beskermer is, hy weet waar sy hulp vandaan kom. Hy weet wie veg vir hom.

Hy gaan na die huis van die Here en praat sy hart uit. Hy vra dat God hulle uit die mag van die Assiriese koning sal red sodat God daardeur geëer word.

God hoor sy gebed. Hy red hulle. Hý seëvier.

Word jy bedreig? Word jou gesin bedreig deur die Satan? Word jou besigheid bedreig?

As kinders van God word ons nie gevrywaar van hierdie dinge nie. Satan sal alles in sy vermoë doen om ons geloof af te breek op enige moontlike manier. Maar God belowe ons dat Hy ons sal beskerm. Dalk maak ons dit nie finansieel nie, dalk verloor ons in ons verhoudings, maar mag ons nooit in ons geloof verloor nie. Mag ons sulke aanvalstye van Satan gebruik om ons krag opnuut by God te put, dat ons verhouding met Hom opnuut versterk word.

Jesus bid in Joh 17:15: Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld moet wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose moet bewaar.”

Ps 9:11: “Daarom vertrou almal wat U Naam bely, op U, want U, Here, laat dié wat vra na U wil, nie in die steek nie.”

Jes 54:17: “Geen wapen wat gesmee word om jou aan te val, sal iets uitrig nie; elkeen wat vals teen jou getuig, sal gestraf word. Dit is hoe Ek, die Here, vir my dienaars sorg. Ek laat geregtigheid aan hulle geskied, sê die Here.”

Mag God julle families, verhoudings, geloof beskerm. Hy doen dit vir my, te midde van felle aanvalle van Satan, Hy sal dit ook vir jóú doen as jy Hom vra.
Mooi dag!

Toortsie

Toortsie se Bantingboerekos Facebook page

Toortsie se Facebook page

Finesse Blogger van die week

Toortsie by Finesse: Ons hou troue!

Toortsie op Pinterest

Toortsie by Low Carb Direct: Jy het nou jou doelgewig bereik, so wat nou?

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Geleefde Christenskap, Toortsie se dagstukkies op Sondae and tagged . Bookmark the permalink.

2 Responses to Die Here is ons skuilplek

  1. travel460 sê:

    Ai Toortsie, dit was goed vir my siel om hier te kom lees.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s