Soos gepubliseer op die Finesse Goedvoel blogs
In ‘n glaskas
Een vakansie by Struisbaai het ek die vreemde gevoel gehad dat ek in ‘n glaskas beweeg.
Ek kon nie verstaan wat die probleem dan is nie. Ek stap daagliks met my hond langs die see, tog bly hierdie vreemde gevoel daar. Dis of ek die see sien, maar nie daaraan kan raak nie. Ek is hier by die see, maar in ‘n glaskas!
Tóé besef ek wat is fout! Ek stap met my stapskoene! Net daar besluit ek om eerder sommer met my plakkies aan te stap, sodat ek dit vinnig kan uittrek as ek wil, op sanderige plekke kaalvoet kan stap, maar dit aanhou op rotsagtige dele.
Die verandering was ongelooflik! So ‘n klein iets wat só ‘n groot verandering bring!
Skielik is die glaskas weg, is ek by die see, deel van die see. Ek voel die sand tussen my tone. As ek loop, skop ek bietjies sand vooruit. Ek stap kniediep in die water in en word nat. Ek voel die tekstuur van die sand en klippies en water onder my voete.
Sug van vrede en geluk. Ek is hier, by die see! Ek kan die see voel en hoor en ruik! Soos nog altyd kan die see vir my heling en rustigheid bring. Wát ‘n genade.
Dave Pepler het al gesê hoe belangrik dit is dat ons soms kaalvoet moet loop. Dit hou ons geaard. Dis natuurlik, dis hoe dit moet wees. Ons is deel van die aarde, nie net toevallig hierop geplaas nie.
Skop ‘n bietjie daardie skoene uit. Loop kaalvoet op jou grasperk en in die sand. Ek wil sê, loop kaalvoet op die klippies, maar ons voete is deesdae so sag, dit maak seer, maar doen dit! Jy sal die verandering nie glo nie.
Wees geaard. Dis die moeite werd.
Toortsie
Toortsie se Bantingboerekos Facebook page
Toortsie se Facebook page
Finesse Blogger van die week
Toortsie by Finesse: Liminal
Toortsie op Pinterest
Nou het ek toestemming om kaalvoet te loop. Loop altyd in somer kaalvoet by huis rond 🙂
LikeLike
Natuurlik! Het jy al een mens gesien wat met skoene gebore is?
LikeLiked by 1 person
Sand tussen die tone. Ag, nou wil ek ook see toe!!!
LikeLike
Ek kan nie help nie; ek moet saamstem
LikeLiked by 1 person
Ai toggie. 🙂
LikeLiked by 1 person
My dogter se laerskool se voorgeskrewe skoene in die somer is geen skoene. Maar die kaalvoet skooldae is is nou agtergelaat met die oorstap na graad 8.
LikeLiked by 1 person
Slim laerskool.
LikeLiked by 1 person
Grlukkig is dit nou weer kaalvoettyd!
LikeLiked by 1 person
🙂 Maar die voetjies is sag!
LikeLiked by 1 person
ge hulle kans!
LikeLike