Mrs Kameel en die swartman

Dis was “Black Friday,” diè dag waarop mense in hulle hordes na winkels toe gestroom het vir winskopies. Ons seun aan die Suidkus sou wel later sê; “Believe it or not, it was far worse than in the holiday season.” Ek het nie kans gesien vir die groot winkels nie, maar wou darem ook die lekker proe van ‘n winskopie of twee. Dus is ek Checkers toe net hier om die hoek. ‘n Swartman met ‘n goedige ronde gesig was besig om die vla wat op “special” was uit te pak. Ek koop gewoonlik of Ultra Mel of Parmalat maar hierdie was ‘n ander maak, dus vra ek of diè vla ooit lekker is. “Very, very nice,” antwoord hy. Ek kyk na die drie swart vroue wat staan en toekyk. Hulle werk in die bakkery. “Is he telling the truth?” vra ek, en al drie skud hulle koppe “nee.” “Don’t listen to them,” sê die swartman, “they are all for Parmalat, this custard is nice, very, very nice… it is rich and creamy.” Ek stap tot voor hom en kyk na sy naamplaatjie. “Karel en ‘n van wat ek nie kan uitspreek nie. “Ok, Karel,” sê ek “I am going to take you at your word, but if you lied to me I am coming back for an explanation.” “And if I told you the truth, you will come back and bring me a cold drink,” sê hy laggend. “It’s a deal,” antwoord ek en draai na die drie vroue toe. “You three are my witnesses,” sê ek, en laai drie bokse vla in my mandjie.

Verlede Vrydagoggend ry ek spesiaal Checkers toe op soek na Karel. Die eerste man wie ek vra weet nie wie Karel is nie, dus stap ek tot by die bakkery, en vra een van die vroue wat daardiè oggend getuie was om hom vir my te soek. Intussen kom nog ‘n glimlaggende swartman aangestap en vra of hy my kan help. “Im looking for Karel,” sê ek, en met ‘n “I’ll find him for you,” stap hy weg. ‘n Rukkie later kom hy terug en sê hy is by die ingang waar hy deurdiens doen. Daar aangekom vind ek Karel en die vrou in ‘n gesprek. “Hello, Karel,” groet ek, “do you remember me?” “I remember you,” sê hy en aan sy kyk kan ek sien hy is huiwerig vir wat gaan volg. “I am here to buy you the cold drink that I promised you,” Vir geen oomblik het ek die reaksie verwag wat op my woorde gevolg het nie. Eers was daar verbasing, toe slaan hy sy hande saam van blydskap, vou vooroor en begin lag. “I can’t believe it, nothing like this has ever happened to me!! Are you serious, you came back to buy me a cold drink?” Ek wag totdat hy bietjie bedaar, en sê, “I gave you my word Karel, if you have promised a person something, you must keep your promise.” Die swartvrou staan nogsteeds langs hom, en skud haar kop ongelowig. Ek glimlag vir haar, “Let this be a lesson to both of you today, let your ‘yes’ be ‘yes,’ and your ‘no be no’”

Terug by Karel en die koeldrank; daar is winkelreëls wat hy moet nakom, en ek vra of hy eerder die geld wil hê dan koop hy self die koeldrank. Ek gee hom twintig Rand, en net daar speel die storie homself weer af. Die saamslaan van hande, die blykskap, die lag en tussendeur die woorde, “I can’t believe this is happening to me, it feels like Christmas!!” Hy vra my naam, en nadat hy bedaar het sê hy, “Mrs Kameel, today I have learned a lesson… to do speaks very loud, louder than words.” Wyse man!!! Ek lê my hand op sy skouer, en sê vir hom, “Karel I am a child of God, may God richly bless you.” “Thank you very much Mrs Kameel, I receive the blessing.” I receive the blessing!!! How many times do we bless people but they do not receive the blessing. And here this black man understands this great truth.

Met ‘n dankbare hart, en voete wat soos diè van ‘n jongmeisie trap stap ek terug kar toe. “Father thank you that I could be part of this seemingly insignificant incident that blessed me beyond words. I received so much more than what was given. To You be the glory!!!

19 thoughts on “Mrs Kameel en die swartman

  1. Daar is soveel medemenslikheid in hierdie land, maar dit word nooit aan die groot klok gehang soos wat met slegte en sensasionele nuus gedoen word nie. Dankie, liewe Kameel, vir hierdie vertelling!

    Like

    1. Jy sien ook in prentjies 🙂 Dis waar Scrapy woorde kannie werklik beskryf wat daar afgespeel het nie. Ek is bly ek kon deel uitmaak van God se werk in ‘n ander mens se lewe. Mooi dag vir jou ook!!

      Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!