‘n Dogtertjie met guts

Die Arameërs en die Israeliete was permanent in mekaar se hare en het tog te graag oorlog teen mekaar gemaak. Sulke tye is vrouens en kinders gevange geneem deur die vyand.

Een so ‘n jong, Israelitiese dogtertjie is deur die Arameërs ontvoer. Sy het toe Naäman se vrou se bediende geword. Naäman was die hoof van die Aramese leër, ‘n gesiene man wat die agting van die koning geniet het. ‘n Dapper soldaat, sê die Bybel.

Maar Naäman het ‘n ietwat ongemaklike probleem gehad: Hy was melaats en niemand het raad gehad nie.

En hierdie liewe dogtertjie uit Israel onthou: In Israel is ‘n Man van God. Hý sal vir Naäman kan help.

Die res van die verhaal gaan oor Naäman wat die koning hieroor gekontak het, die geskenke wat hulle ingepak het en hoe Elisa net vir hom ‘n boodskap gestuur het dat hy hom 7 keer in die Jordaan moet loop bad. Naäman het hom vererg, maar sy amptenare het hom omgepraat om dit tog maar te doen, al is dit nou so ‘n simpel raad, hulle is tog immers nou hier! En Naäman word gesond.

Maar my storie vandag gaan mos nie oor Naäman nie, dit gaan oor ‘n klein, onbenullige dogtertjie uit Israel wat weggevoer is in ‘n vreemde land, wat gedwing is om as slaaf te werk, wat steeds so ‘n mooi hart gehad het om te dink dat die profeet in Israel haar baas kan help. Sy kon dink: ‘Nee wat, ly jy maar aan jou siekte ná alles wat jy my aangedoen het.’ Of sy kon dink dat sy te klein en onbenullig is, hoe op aarde kan sý vir die belangrike man raad gee, sê nou hy maak haar dood omdat sy so voorbarig is?

Ek is seker sy sou bang wees om haar mond oop te maak, maar sy het dit gedoen, want sy het geloof in God gehad. En omdat sy gehoorsaam was aan die stemmetjie in haar hart wat gesê het, ‘Gaan praat met jou eienares’, kon ‘n man gesond word en kon God daardeur geëer word.

Ek dink regtig sy het baie moed gehad. Om die waarheid te sê, ek bewonder haar! Sou ek, in dieselfde situasie, die moed gehad het om so iets te doen? Sê nou dit werk nie, sê nou hy kan hom nie help nie dan sou dit die onmin tussen Israel en Aram net vererger het. Sê nou …

2 Konings 5

Toortsie

Toortsie se Bantingboerekos Facebook page

Toortsie se Facebook page

Finesse Blogger van die week

Toortsie by Finesse: Liminal

Toortsie op Pinterest

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Geleefde Christenskap, Vroue in die Bybel. Bookmark the permalink.

4 Responses to ‘n Dogtertjie met guts

  1. travel460 sê:

    “To step up” dink ek noem mens dit. Jy draai vandag weer diep, Toortsie. Ek sou sekerlik net my mond gehou het. Net eenvoudig te bang gewees het om iets te sê. As ñ grootmens sou ek meer “guts|” getoon het, glo ek. Maar as ñ dogtertjie wat ontvoer is…nee.

    Like

  2. Kameel sê:

    Die les vir my hieruit is maak nie saak hoe klein en onbenullig jy voel… of is nie; net daar waar jy is kan God jou gebruik as jy net gehoorsaam aan sy stem is. Vertroostende gedagte 🙂

    Liked by 2 people

  3. Terug pieng: Een 1ste antwoord op de 4e vraag Wie God is 1 Een scheppend Wezen om aanbeden te worden – Questiontime – Vragenuurtje

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s