Vertel!

Een stiltetydsessie, twee keer dieselfde boodskap.

2 Konings 7:9: ‘Ons maak nie reg nie. Vandag is ‘n dag vir blydskap en ons bly stil! As ons wag tot ligdag, sal ons beslis gestraf word. Kom ons gaan vertel dit by die paleis van die koning.’

Joh 4:28-29: ‘Die vrou het toe haar waterkruik net daar laat staan en na die dorp toe gegaan en vir die mense gesê: “Kom kyk, hier is ‘n man wat my alles vertel het wat ek gedoen het. Is Hy nie miskien die Christus nie?”‘

Joh 4:39: ‘Baie van die Samaritane in daardie dorp het tot geloof in Jesus gekom op grond van die woorde van die vrou wat getuig het: “Hy het my alles vertel wat ek gedoen het.”‘

Wat het met ons gebeur? Hoe het dit gebeur dat ons die koerant en die nuus vir niks in die wêreld sal mis nie, ‘n slegte storie sal oorvertel, maar wanneer iemand ‘n goeie storie vertel, ons dit amper ignoreer? As iets slegs gebeur het, wil ons al die detail weet, as iemand iets wonderliks wat met hulle gebeur het, vertel, maak ons dit tot niks?

Wanneer het dit met ons begin gebeur dat ons nie meer die vrymoedigheid het om die lekker en goeie dinge wat met ons gebeur, wil oorvertel nie, omdat ons bang is ons is onsensitief? Of dit word afgemaak as spog, selfs al is jy sommer net bly en wil dit graag met ander deel?

Wat het met ons gebeur dat ons nie meer vir mense iets goed gun nie? Sodra iemand uitstyg, word hy afgetrek? Ons sê ons gun vir mense om goed te doen, maar ons optrede wys dit nie?

Samaria is beleër deur Aram. Die stad verkeer in hongersnood, soveel so dat vroue al hulle kinders begin slag om te eet. Maar God bring ‘n wonderwerk en laat die Arameërs vlug. Vier melaatses wat in elk geval uitgeworpenes is in die stad, besluit om by die Arameërs vir kos te gaan bedel en kom af op die kamp wat leeg is en kos wat rondstaan. Hul besef: As ons hierdie goeie nuus nie deel nie, sondig ons!

Die Samaritaanse vrou ontmoet Jesus en hardloop net daar dorp toe om vir die mense te gaan vertel wie sy ontmoet het. Opgewonde oor die nuus! ‘n Hele dorp kom tot bekering.

Dis tog wat Jesus ons beveel om te doen in Matteus 28:19-20: “Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.” Ons moet die Goeie Nuus vertel! Ons moenie ons laat ontmoedig deur die negatiewes nie.

Maar ons moet ook die goeie nuus wat mense vir ons vertel, met oop harte ontvang. Enige goeie nuus. Dis tog wat die wêreld ‘n beter plek maak, of hoe?

Toortsie

Toortsie se Bantingboerekos Facebook page

Toortsie se Facebook page

Finesse Blogger van die week

Toortsie by Finesse: Eerder kwaliteit as kwantiteit

Toortsie op Pinterest

12 thoughts on “Vertel!

  1. Jip. Ons is geroepe om te vertel. Selfs as niemand wil luister nie.

    On 27 Nov 2016 10:55, “Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog” wrote:

    > Toortsie posted: “Een stiltetydsessie, twee keer dieselfde boodskap. 2 > Konings 7:9: ‘Ons maak nie reg nie. Vandag is ‘n dag vir blydskap en ons > bly stil! As ons wag tot ligdag, sal ons beslis gestraf word. Kom ons gaan > vertel dit by die paleis an die koning.” Joh 4:2″ >

    Like

  2. Goeie dinge maak nie die nuus nie, waar wat jy daar sê. Hoekom die mens eerder na negatiewe goed luister en onthou verstaan ek ook nie. Geen wonder Jesus het gesê dat min die nou pad vind nie…. mense wil nie die goeie nuus hoor of glo nie. Eintlik tragies.

    Liked by 1 person

  3. Jy skryf waar, Toortsie. Ons vertel meestal slegte nuus makliker oor as ń goeie gebeure. Ek vermoed ek is self ook maar skuldig daaraan. So ek gaan jou woorde ter harte neem en dit anders begin doen.

    Like

    1. O nee, jy vertel dan sulke lekker en mooi stories!
      Ek dink baie oor wat jy hierdie week vertel het. Dit is ook mos nodig. Ons moet mos die seermaakdinge vertel sodat ons heel kan kom. Het dit kort gelede gebeur? Het dit hierdie week gebeur? Mag ek vra?

      Liked by 1 person

      1. Ag Toorts. My middel dogter het dalk ń brein operasie nodig. Ons hoor oor 2 weke of daar ń vergroeisel is. “I am hanging in there”, maar die skok het my effens verlam. Ek glo ons sal ok wees, watter kant toe ook al. Dankie vir jou wonder.🌹

        Liked by 1 person

          1. Dankie Toortsie. Ek bêre dit nou maar eers, want hier om my is almal se geloof sterk, en ma moet ń voorbeeld stel. Ek het haar gaan sitmaak saam met my o God se skoot, en daar sal ek haar bly hou vir die tyd. My stadskind wat op ń bitter vroë ouderdom die top sporte van haar loopbaan bereik het. Maar ma kyk nou verby dit. Sit by hom sal ek haar laat sit. Al weet sy van niks.

            Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!