Help, ek voel vet!

My teikengroep vir hierdie bloginskrywing is mense wat al lank Banting doen en skielik vetter voel.

‘n Vraag:

Ek kan dit nie verstaan nie. Ek volg die Bantingleefstyl getrou, twee weke gelede was ek op my laagste gewig nog, nou voel ek vet. Die skaal is 3 kg swaarder, ek voel amper pofferig. Wat kan fout wees? Ek dink ek moet hierdie dieet los.”

Ek weet nie wat fout kan wees nie, daar is baie faktore wat aanleiding daartoe kan gee en ek ken nie almal nie. maar wat het jy anders gedoen in die afgelope 2 weke?

Eers wil ek sê dat my skaal ook maar fluktueer  met so 2 kg. Eintlik sê die slim mense ‘n mens moenie jou skaal dophou nie, maar ongelukkig is ek verslaaf aan myne, ek hou hom maar dop. Maar dan moet jy nie te gespanne raak as hy soms bietjie in die verkeerde rigting beweeg nie.

Ons liggame reageer ook nie altyd presies dieselfde nie.

Was jy nie ontsteld oor iets nie?

Het jy nie dalk ander medikasie gebruik nie? Antibiotika dalk? Baie pynpille?

Drink jy genoeg water? Het jy nie, sonder dat jy dit besef, minder water ingeneem nie?

Hoe lyk jou maag? Wanneer laas het jy ‘n goeie opelyf gehad?

Onthou jy jou groente by elke ete? Nie net een maal per dag nie?

Het jy nie dalk swaarder kosse geëet nie? Party mense sê as jy skaapvleis geëet het, weeg jy swaarder. Dis nie waar vir my nie, ek eet te baie skaapvleis!

Hoe lyk jou oefenprogram? Het jy dit dalk ‘n bietjie afgeskeep?

Dis hierdie tyd van die jaar met die baie afskeidsfunksies. Hou jy by die eetprogram, of het jy dalk meer kere as wat jy besef, van die rooi lys geëet?

Rus jy genoeg? As ons moeg is, is ons ook geneig om meer of verkeerd te wil eet.

Wat van jou alkoholinname? Gebruik jy dalk ‘n bietjie meer alkohol as gewoonlik?

Suiwelinname? Het jy nie dalk ongemerk meer suiwel begin inneem as wat nodig is nie?

Die heel belangrikste van alles: Bly op die program. Hou aan met die leefstyl. Dit het tot nou toe vir jou gewerk, dit sal ook vorentoe vir jou werk. Onthou, as jy skielik ‘n klomp gewig verloor het, iewers moet jou liggaam aanpas by alles wat met hom gebeur het.

Byt vas, moenie moed verloor nie. Voor jy jou oë uitvee, het jy weer hierdie onverklaarbare kilo’s afgeskud.

NB! Onthou om jou dokter te raadpleeg as jy enigsins onrustig voel hieroor.

Toortsie

SWART VRYDAG FEES! BESTEL TOORTSIE SE BANTINGBOEREKOSBOEK SLEGS VANDAG, 25 NOVEMBER 2016 TEEN ‘N SPESIALE PRYS! BESTEL HIER. 

BLACK FRIDAY OFFER! ORDER TOORTSIE’S BANTING BASH AT A SPECIAL PRICE. ONLY TODAY, 25 NOVEMBER 2016. ORDER HERE.

Toortsie se Bantingboerekos Facebook page

Toortsie se Facebook page

Finesse Blogger van die week

Toortsie by Finesse: Eerder kwaliteit as kwantiteit

Toortsie op Pinterest

toortsie_2016_photographybylize-43

Wat het ek vandag van blogging geleer? Oor formatting, maar ek sal nog ‘n bietjie moet oefen. Lees gou bietjie HIER.

3 thoughts on “Help, ek voel vet!

  1. Ek was Dinsdag vir my jaarlikse mediese ondersoek by my huisdokter gewees en ek het onder andere ook my cholesterol laat toets en toe ons op die onderwerp is deel hy my mee dat hy deesdae baie pasiente kry met cholesterol probleme op die banting diet en dat van hulle ook hartomleidings moet kry.Dit was nogal vir my ‘n interessante gesprek gewees.Dit lyk vir my die banting dieet is ook nie vir almal nie.Ek hoop jy hou jou cholesterol lesings dop Toortsie.Ek is natuurlik nie ‘n kandidaat vir die banting dieet nie.
    Groetnis.

    Like

Gesels saam, asseblief!