Toortsie se Goedvoelstorie 8 – Versekering

Soos gepubliseer in Finesse Goedvoelblogs.

Die wonderlike versekering

Op ‘n afdag wat ek sommer net moedeloos voel, ‘n mislukking, of ek met my rug teen die muur staan, twyfel ek in myself. ‘Jy (ek), die wonderlike Christen, wat so die pad met die Here loop, jy, vir wie verhoudings tog so belangrik is, hoe is dit dan dat jy so in die klei trap, in die moeilikheid beland? Dan is jy mos glad nie so oulik soos jy jouself probeer voorhou nie, jy is mos besig om ‘n wanvoorstelling van jouself te maak, vir mense ‘n ander prentjie van jouself voor te hou!

Dan kom die wonderlike besef, die gerusstelling, die wete, dat, ongeag wat ek oor myself voel, ongeag of ek sleg van myself dink, God my geweldig liefhet. Hy ken my hart, Hy ken my tekortkominge, hy weet hoekom ek optree soos ek wel doen. Hy het my lief ongeag hoe en wat ek wil, omdat Hy gekies het om my lief te hê. Hy het my nie lief oor iets goeds wat ek gedoen het nie, Hy het my in elk geval lief, en sou ek dalk so ‘n mislukking voel, amper onchristelik voel, maak dit nie saak nie, want Hy belowe in Sy Woord dat Hy my sal vashou en niks my ooit uit Sy hand sal ruk nie.

Wat ‘n genade! Wat ‘n gerusstelling! Wat ‘n voorreg om te weet dat Hy daar is, altyd daar is, altyd beskikbaar is, dat Hy my met Sy groot hand sal vashou, deurtrek deur ‘n krisis, regop hou totdat ek weer sterk genoeg is om self te staan.

Wat ‘n wonderlike Here om te dien!

Onthou, God het vir jóú oneindig lief. Regtig lief. Omdat Hy wil. Omdat Hy gekies het om jou lief te hê, selfs op jou afdag.

Groetnis

Toortsie

Toortsie se Bantingboerekos Facebook page

Toortsie se Facebook page

Finesse Blogger van die week

Toortsie by Finesse: Selfondersoek en vriende

Toortsie’s LCHF Journey 

Toortsie op Pinterest

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Geleefde Christenskap, Toortsie se voelgoedstories and tagged , , , , . Bookmark the permalink.

3 Responses to Toortsie se Goedvoelstorie 8 – Versekering

  1. Kameel sê:

    Ek is so bly dis nie ons werke wat ons in Sy guns bring nie, dan het ek kort-kort uit die bus geval. Alles net genade onbeskryflik groot!!!

    Liked by 2 people

  2. travel460 sê:

    ‘Hy het my lief omdat Hy gekies het om my lief te hê.’ Daardie sinnetjie het nou weer vir my uitgestaan, Toortsie. Dit is my sin vir vandag.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s