Wanneer ‘n profeet moedeloos raak

Elia het nie ‘n maklike taak gehad nie. Hy het in die tyd van koning Agab as profeet opgetree, Agab wat getroud was met Isebel  ‘n dogter van ‘n Baälhoëpriester. Hierdie koning van Israel en sy vrou het God behoorlik uitgetart en Elia was die een wat aan hulle boodskappe van God moes oordra, boodskappe wat hulle gewoonlik nie wou hoor nie.

Vir omtrent drie jaar moes Elia vir Agab wegkruip omdat Agab hom wou doodmaak oor hy ‘n droogte oor Israel aangekondig het. Ná die tyd om was, het hy deur ‘n kompetisie bewys dat Baäl nie ‘n god was nie, maar God die Enigste en Lewende God is. Die Baälpriesters van Isebel is almal doodgemaak, waarná hy toe moes vlug vir haar. Dit het hom laat knak.

By ‘n besembos in die woestyn het hy gevra: Nou is dit genoeg, Here! Neem my lewe …” (1 Konings 19:4)

God het ‘n engel gestuur wat vir hom kos gebring het, kos wat hom genoeg krag gegee het om 40 dae lank te loop tot by Horeb. Daar het hy by God gekla: “Ek het my met hart en siel gewy aan u saak, Here, Almagtige God. … Hulle het u altare afgebreek en u profete doodgemaak, en hulle soek my om my ook om die lewe te bring.”

En dan volg hierdie mooi gedeelte wat vir my so spesiaal is omdat ek al op daardie selfde plek (wat die plek is volgens oorlewering) gestaan het:

Maar die Here sê vir hom: “Kom uit, en gaan staan op die berg voor my, die Here, Ek wil verbygaan.” Skielik was daar ‘n baie sterk wind wat die berg stukkend geruk het en die rotse gebreek het voor die Here. Maar in die wind was die Here nie. Na die wind was daar ‘n aardbewing. Maar in die aardbewing was die Here nie. Na die aardbewing was daar ‘n vuur. Maar in die vuur was die Here nie. En na die vuur was daar ‘n fluistering in die windstilte.” (1 Konings 19:11-12)

God hoor die nood van die profeet! En nee, hy gee nie vir die profeet af nie, maar wel Sy ondersteuning en hulp, saam met ‘n nuwe opdrag om uit te voer.

Profeet van God, knak jou knieë ook soms? Voel jy ook soms, tot hier toe en nie verder nie? Moedeloos? Jy mag dit maar vir God sê in eerlikheid, jy mag maar vir Hom jou vrese, jou moedeloosheid vertel. Hy sal jou nie alleen los nie. Wanneer die tyd daar is, sal Hy jou versterk en hulp gee sodat jy weer met jou taak kan voortgaan.

Sterkte

Toortsie

Toortsie se Bantingboerekos Facebook page

Toortsie se Facebook page

Finesse Blogger van die week

Toortsie by Finesse: Selfondersoek en vriende

Toortsie’s LCHF Journey 

Toortsie op Pinterest

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Geleefde Christenskap, Toortsie se dagstukkies op Sondae and tagged . Bookmark the permalink.

11 Responses to Wanneer ‘n profeet moedeloos raak

  1. seegogga sê:

    ‘n Pragtige boodskap van hoop. Dankie.

    Liked by 1 person

  2. Hierdie is vir my een van die spesiale stories van die Bybel wat bevestig dat God sukses anders as mense sien. EK bedoel regtig – die man bid saggies en vuur kom uit die hemel ten aansien van DIE HELE VOLK! En ‘n dag of wat later stuur een knaende heks hom in die arms van die swart hond. Kyk ek was al depressief in my lewe maar nie eers ek het al ‘n dagreis ver in ‘n woestyn ingevoeter nie. Nou wat maak God? As dit vandag was kan ek my die voorbladstorie op die Beeld verbeel: “Wereldbekende dominee verloor dit / geknak deur depressie / met uitbrandsindroom gediagnoseer” Toe hy voor God staan sê God vir Hom: “Kyk hier jou ondankbare donner hoe kan jy so gou opgee na alles wat ek vir jou laat gebeur het?” Nee God is in die fluistering in die windstilte, in die stilte nie die storm nie. Hy stuur geestelike (engele) en vleeslike (kos) versterkings. Wow dit is darem baie anders as wat mense of die kerk doen. Dankie dat jy my weer aan die verhaaltjie herinner vandag.

    Liked by 2 people

  3. travel460 sê:

    Hierdie verhaal het my ook weereens geraak, Toortsie. Ek dink meeste van ons kom tot by hierdie punt, iewers in ons lewens. Dalk meer as een keer.

    Liked by 1 person

  4. Kameel sê:

    Ek glo ons word almal moeg op diè pad maar God is so getrou en help ons terug op ons voete. My kop is so dik en moeg…. was gister by die FNB stadion na Anges Buchan se Sacred Assembly toe. Dit was awesome, awesome…. maar sjoe ons is vandag almal pootuit. Wil nie soos Elia die woestyn in nie maar wil net gaan lê en slaaaaaap totdat die kragte weer terug is.

    Like

    • Toortsie sê:

      Wees sag op jouself Kameel. Jy en God is al deur soveel woestyne en wildernisse. Gaan ris met ‘n skoon gewete. Was dit wonderlik? Angus?

      Like

      • Kameel sê:

        Toort dit was awesome. Die Gees van God was so teenwoordig en trane het gevloei. Nie vir ons self nie maar vir ons land. Die Here het harte diep aangetaak. Ons pastoor sê vanoggend hy het voor God uit die diepte van sy wese geween.

        Liked by 1 person

  5. Margaretha sê:

    Sekerlik een van die mooiste beskrywings van God se karakter in die Bybel. Dankie hiervoor, Toortsie.

    Liked by 1 person

  6. esrohblog sê:

    Toortsie! Hoe gaan dit? Ek is maar so in die stilte besig met ‘n woestyntrek wat die laaste elf maande nie gemaklik is nie. Om die waarheid te sê, van my eerste lewens-oomblik af was dit nogal van ‘n opdraende stryd weens baie mediese en ander dinge. So 25 jaar gelede genadiglik tot redding gekom; lang storie. Ek gaan nie myself ‘n proffet noem nie; net Vader God alleen stel hierdie mense in hul “ampte” aan, maar ek het ook nou die dag vir Vader gevra om my weg te neem. Lê darem nou-al so kwart-pad onder die Besembos uit… Baie, baie dankie vir jou gehoorsaamheid om hieroor te skryf, want ek is so goed vertroud met sulke omstandighede. Ek neem ook nie vir Elia kwalik nie, want tussen Agab, Isebel en die harde-kop, stiksienige en afgod-liewende Israeliete sou ek ook soos hy die woestyn ingevlug het. Groetnis en baie seën in Christus Jesus.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s