Alle gewigsverliesprogramme is nie Banting nie

Wat ‘n vreemde opskrif! Ek sal nou verduidelik hoekom ek dit so genoem het.

Kom ek begin met dié voorbeeld. Die meeste mense het al van die ‘faktuur’ woord gehoor, en alles wat met geld te doen het, word ‘faktuur’ genoem, of bykans alles: Die kasregisterstrokie, die afleweringsnota, kredietnota, papiertjie waarop ‘n bedrag geskryf is, alles, behalwe ‘n regte faktuur. Die ‘regte’ faktuur word ENIGE IETS ANDERS GENOEM, net nie FAKTUUR NIE.

By ons plaaswerkers tel ek weer op, alle margarien word RAMA genoem, ongeag die maak, en alle waspoeier, OMO.

Hierdie skryf ek in liefde, nie om iemand te ná te kom nie. Die doel is om ‘n paar misverstande uit die weg te ruim.

Deesdae begin ek al hoe meer optel, dat ‘Banting’ die woord geword het vir gewigsverliesprogram. Ek loop al hoe meer mense raak wat vir my raad vra, of vertel, dat hulle Banting doen, of semi-banting, maar hulle verloor nie gewig nie! Of, hulle het ‘n ent verloor met hulle manier van semi-banting, maar staan nou stil, of tel gewig op.

By verdere navrae kom ek dan agter dat hulle dalk wel iets van die program verstaan, soos om meer vet te eet, maar volg glad nie die rooi, groen en oranjelys nie. So, ek weet nie wat hulle saam met dit eet nie.

Baie mense dink ook dat Banting ‘n hoë proteïn dieet is, wat dit regtig nie is nie. 

‘n Ander persoon wat 12 kg met haar semi-bant verloor het, maar nou weer optel, verduidelik vir my dat sy stysel uitgelos het. Haar eetprogram vir die dag lyk so: Soggens, ‘n pap wat sy kook (styselpap), haar middagete bestaan uit ‘n paar Provitas en aandete vleis met slaai. Sy gebruik ‘n plat teelepel suiker in elke beker koffie en laevet melk, laevet joghurt, ens.

Gewoonlik probeer ek nie te veel ingaan op wat hulle verkeerd doen nie, of om nie kritiserend te klink nie, my kennis is immers ook nie die Alfa en die Omega nie! So ek het vir die persoon met die 12 kg genoem dat sy regtig nie Banting doen nie, dat sy wel gewig verloor het omdat sy baie min eet, maar dat Banting iets heeltemal anders is: GEEN STYSEL, en VERHOOG JOU VET. Regtig nie Provitas nie, ook nie ‘n snytjie volgraanbrood nie. Nou wil ek sommer dadelik hier noem, ek is nie kwaad vir stysel nie, en as jy dalk ‘n gewigsverliesprogram volg waar dit geëet word, het ek nie ‘n probleem daarmee nie. Moet dit asseblief net nie BANTING noem, of semi-banting nie, want regtig, dit is NIE. By Banting eet ons GEEN laevetprodukte nie. Nie laevet melk nie, nie laevet roomkaas nie, nie laevet feta nie, nie laevet mayonnaise nie. GEEN laevet produkte nie. Nie ‘lean-mince’ nie.

As jy wil weet hoe om jou vetinname te verhoog, sonder om te gril, lees HIER. 

Sterkte met jou gewigsverliesprogram, as jy een volg, wat jy ook al volg. Banting werk vir my.

Of hierdie by die daily prompt pas, betwyfel ek. Ostentatious. Om iets voor te gee wat dit nie is nie, of verstaan ek die woord verkeerd? Bluf.

Groetnis

Toortsie

Toortsie se Bantingboerekos Facebook page

Toortsie se Facebook page

Finesse Blogger van die week

Toortsie by Finesse: Selfondersoek en vriende

Toortsie’s LCHF Journey 

Toortsie op Pinterest

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Kosdinge and tagged , . Bookmark the permalink.

6 Responses to Alle gewigsverliesprogramme is nie Banting nie

  1. puppy1952 sê:

    So mooilik om mense te laat verstaan wat Banting is. Hulle kan nie glo dat hulle lekker kan eet.

    Liked by 1 person

  2. Daar is baie wanpersepsies daar buite

    Liked by 1 person

  3. Terug pieng: Leer om te skinder – Natasja Franzsen

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s