Wie dra die kroon?

Die Israelitiese konings wou maar hulle eie ding doen, nie noodwendig dit wat God voorgeskryf het nie.

So het koning Agab met Isebel getrou, die dogter van ‘n Baäl-hoëpriester, Etbaäl.  In Samaria is ‘n Baältempel opgerig en Baälgodsdiens bevorder.

Koningin Isebel was nét so bedrywig. Sy het al die Here se profete laat doodmaak, behalwe die honderd wat Obadja in grotte versteek het.

Koning Agab was woedend vir Elia, want hy, Elia, het die een verdoemende boodskap na die ander van God vir Agab gebring. Om die waarheid te sê, Elia was basies voëlvry verklaar!

Ná omtrent drie jaar van erge droogte in Israel, kom Elia weer te voorskyn. Hy stel voor: Slag twee bulle, een vir die Baäls, een om vir God te offer. Die 450 Baälprofete kry die eerste kans. Hul bid tot hul god, hulle sny hulleself stukkend, hulle dans, maar die vuur brand nie.

Toe herbou Elia die Here se altaar, laat maak die hout en altaar sopnat met water, bid tot God en hy voorsien! Vuur kom van God af en verbrand die offer.

Net daar word al Isebel se goddelose profete doodgemaak. En God stuur reën.

Maar dis nie die einde van die storie nie!

Isebel is buite haarself van woede en dreig om hom dood te maak. Weer eens moet Elia vlug. Sý, die eintlike mag agter die troon,  is genoeg om Elia moed te laat verloor. ‘Tot hier toe, Here, nie verder nie.’ Hy stort sy hart teenoor God uit, wat vir hom nuwe moed en ook hulp gee.

Isebel gaan voort  om Agab van verkeerde raad te voorsien. Sy hits hom tot verkeerdhede aan en maak van boosaardighede gebruik om haar sin te kry. Sy maak vals getuies en laat vermoor vir Nabot net sodat Agab die wingerd kan kry wat hy graag wil hê. Sy skryf briewe in die naam van die koning en gebruik sy seël asof die briewe van hom af kom. Onder aanhitsing van Isebel het Agab hom heeltemal oorgegee om te doen wat verkeerd was in God se oë.

Haar uiteinde sou wees dat honde haar sou opvreet, sy sou nie vereer word by haar dood nie.

Isebel was ‘n werktuig in die duiwel se hand. Mag ons wakker wees om die Isebels in vandag se lewe raak te sien, Isebels wat die werkers van God wil verwoes, Isebels wat hul mag ten koste van God se kinders wil misbruik. Mag God ons beskerm en waar ons soms moed verloor en nie weet watter kant toe nie, ons weer moed te gee om dit te doen waarvoor God ons geroep het.

Toortsie

1 Konings 16-22

Toortsie se Bantingboerekos Facebook page

Toortsie se Facebook page

Finesse Blogger van die week

Toortsie by Finesse: Selfondersoek en vriende

Toortsie’s LCHF Journey 

Toortsie op Pinterest

Advertisements

36 thoughts on “Wie dra die kroon?

  1. ‘n Mens sou so graag wou glo dat alle vroue moederfigure is, maar ek dink slinkse vroue kan selfs gevaarliker as mans wees. Haar einde was erg maar dit is haar siel waaraan ek dink. Eintlik ‘n tragiese vrou.

    Like

                1. Wanneer jy tyd het, tag jy hille een vir een. Dan laat wordpress sommer vir hulle weet. Jy kan natuurlik by hul ‘n kommentaar gee as jy wil maar dis nie wet nie. Maar jy wil mos eintlik hê hul moet sien hoe mooi jy van hulle geskryf het. 🙂

                  Like

                    1. Krises, nee, ek moet Elanè nou eers oortuig om te bly skryf. Bali moet bietjie wag. Maar ai, Toortsie, was dit nou lekker om net daar te gaan rondhang. Dêm, wens ek het baie geld gehad. Sou ñ paar bloggers saam ‘ontvoer’ het.

                      Liked by 1 person

                    2. My engel man begin effens geirriteerd raak oor my blog wêreld. Hy en ons seun is vandag by oom Angus in die FNB stadion. So ek kry kans vir my blog mense. Hoe hou mens die balans? Kan jy dalk daaroor skryf? Soek ñ Bybel mens, dalk Lukas. Hy het objektief gebly. Dan gee jy raad. Asb.

                      Like

                    3. Nee nou soek jy by verkeerde een raad! My blog hou my maar besig, dis my geselskap. In die begin is dit baie erg, ek het soms ‘skelm’ geblog. Dit raak beter oor tyd, mens raak rustiger.

                      Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s