Hierdie is ‘n blogspeletjie wat ten doel het om ons blogs, verkieslike Afrikaanse blogs, ‘n bietjie blootstelling te gee.
Hoe dit werk:
- Dis totaal vrywillig. Jy hoef net deel te neem as jy regtig wil.
- Dit sal baie lekker wees as jy deelneem.
- Word jy benoem? Hartlik geluk! Dit beteken iemand lees graag by jou!
- Noem jou bloginskrywing: 2016 Waar lees jy lekker? (jou naam) se keuse.
- Bedank die persoon wat jou benoem het en tag die bloginskrywing waarin jy benoem is. (Omdat soveel mense vra: Kliek op bloginskrywing se opskrif, kleur die URL in, regskliek, copy; Dan in jou beheerpaneel waar jy die bloginskrywing skryf, kleur die woord in wat verwys na die persoon wat jou benoem het, regskliek en paste.)
- Herhaal die eerste sin in hierdie bloginskrywing, asook die reëls, sodat die volgende persoon ook weet waaroor dit gaan.
- Benoem 3 tot 5 bloggers/blogs waar jy graag lees en sê ook hoekom jy graag daar lees. Onthou om elkeen op dieselfde manier te tag. Kliek op ‘n bloginskrywing, kleur URL in …
- Jy mag iemand benoem wat alreeds benoem is, maar veral nuwe name is ook altyd welkom.
So waar lees ek graag? Ek lees op so baie plekke en was nog nooit goed met lysies maak nie, so ek benoem graag ‘n paar bloggers waaraan ek op hierdie oomblik dink, in geen spesifieke volgorde nie:
- Bali Drome. As iemand wat self lief is vir rondreis, geniet ek haar Bali-stories geweldig baie.
- Rondomtaliedraai, wat altyd sorg dat daar ‘n glimlag op ons gesig is met haar pittige foto’s.
- Dirkie het net ‘n manier van skryf wat ek nog nêrens anders teëgekom het nie. Kostelik. Ek geniet elkeen van haar inskrywings geweldig baie.
- Hester is net so ‘n uitstekende skrywer.
- Son skryf nie meer so baie nie, maar wanneer sy wel skryf, lees en luister ons.
- Ek weet ek oortree nou, maar … Thulana met haar Ghana stories.
- Mag ek maar nog een noem? Asseblief? Net nog die enetjie? Lief God Grootliks.
Neeee! Dit kan nie wees nie! Ek wil nog BAIE name noem! Maar nou is dit julle beurt. Speel saam, toe!
Groetnis
Toortsie
Toortsie se Bantingboerekos Facebook page
Toortsie se Facebook page
Finesse Blogger van die week
Toortsie by Finesse: Selfondersoek en vriende
Toortsie’s LCHF Journey
Toortsie op Pinterest
Baie dankie … ek skryf nie eintlik nie maar is nederig opgewonde oor die benoeming
LikeLiked by 2 people
Okay. Ek kyk by jou, nie lees nie. 🙂
LikeLiked by 1 person
Twee woorde … amper sinonieme!
LikeLiked by 1 person
Ai Toortsie,jy is die een wat my gehelp het om te begin blog, en steeds leer ek by jou. Dit is wonderlik om te weet jy lees lekker by my, ek hoop ek kan jou nog vele skrywe bied om te geniet.
LikeLiked by 2 people
Dis nou n lekker uitdaging om onse Afrikaanse ouens bietjie te leer ken! Ek hou hiervan.
LikeLiked by 2 people
Ek is net vreeslik dom met al hierdie URL-goeters en nou het ek Windows10 afgelaai en voel soos ‘n beginner en lyk of my wordpress nie “compatible ” is met die nuwe program nie.Ek sal dus nog ‘n rukkie rondspook voor ek weer blog en kan deelneem aan jou oulike speletjie!
LikeLiked by 1 person
Dit sal lekjer wees.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie Toortsie, salf vir dese vrou se gemoed.
LikeLiked by 1 person