Prysvasstelling bly vir my interessant

My lewe lank het ek geëet wat op my bord is. Koshuisbrak. Lief vir eet.

My huidige etery maak myself soms skaam. Dis al baie lank dat ek om ‘n baie persoonlike, spesifieke, rede ‘n paar goed vas: Koffie, biltong, droëwors, sjokolade (net ‘regte’ sjokolade, nie sjokoladekoek of sjokolade roomys nie, sjokolade wat soos sjokolade lyk, tjips (harde tjips in pakkies). En sedert ek koffie vas, verkies ek rooibostee.

Nou Bant ek ook nog, so alle suiker is uit. As jy by die huis is, is dit nog maklik. Gaan jy vir ‘n normale uit-eet, kom jy redelik reg.

Gaan gou in die oggend in ‘n vreemde land saam met jou man wat lus het om koek en tee te geniet in ‘n koffiewinkel wat koek bedien? Dis eintlik agter die koek aan wat hy is! Daar is net mooi NIKS wat jy kan geniet nie! Nou ja, natuurlik kan ek niemand blameer nie, dis mos my eie fiemies!

Terug by dit prysvasstelling wat die titel van hierdie bloginskrywing is.

Kom ek by ‘n veiling en daar is net boereworsrolle te koop, vra ek vir een sonder ‘n broodjie. Ek verwag nie afslag vir die broodjie nie, dis immers die goedkoper item. Male sonder tal gee hulle dan ‘n bietjie afslag.

In restaurante is dit altyd vir my interessant. Ek bestel my vleis of vis en vra vir slaai en geen skyfies. Soms wil hul R5 ekstra hê omdat ek die skyfies verruil vir slaai. Nou die aand was ons ‘n groep wat saam gaan eet het. Almal bestel twee-twee saam die burger spesiale aanbod. Ons is 9 mense bymekaar en ek bied aan om terug te staan. Ek bestel toe die hele Burger Special vir my: Twee patties en ‘n griekse slaai daarby. Hul hoef nie die twee broodrolletjies, twee porsies skyfies en twee porsies uieringe saam te gee nie. Ek betaal toe vir die volle Burger Special soos ek dit mos bestel het, plus die ekstra Griekse slaai soos wat ek bestel het.  Mos niks om oor te kla nie, of hoe? En nee, ek het nie gekla nie.

Dan het ek dit ook al gekry dat hulle die broodrolletjie verruil vir ‘n ekstra pattie teen geen ekstra koste nie.

So doen elkeen maar sy ding op sy eie manier, bereken die prys op sy eie manier en besef ek, ek is eintlik die pyn in die agterent omdat ek van die standaard wil afwyk. Maar nou ja …

Toortsie

Toortsie se Bantingboerekos Facebook page

Toortsie se Facebook page

Finesse Blogger van die week

Toortsie by Finesse: Dis oestyd in die Overberg

Toortsie’s LCHF Journey 

Toortsie op Pinterest

16 thoughts on “Prysvasstelling bly vir my interessant

  1. As my vrou moet kies tussen die galg en ‘n swaai, dan kies sy om aan die verkeerde een te swaai. Dit têrre maar om haar te leer reg eet. So ry ons met die Shosholoza Meyl (al te lekker) so twee weke gelede van Potch af terug Suid-Afrika toe en kry die lekkertse Sir Loin en die hele familie van Mr Bean daarby, saam met ‘n slaai wat die Tree Taliban sal ontstel. maar, so voorbeeldig soos die hoofseun op skool, geen enkel krieseltjie stysel daarby nie.

    Vroulief kon nie soveel liefde hanteer nie en sleep my na ‘n dubbelburgergedoente op ‘n Maandag. Droë uitgedroogde broodjies. Uie wat lankalal uitgespit is en toe al begin verlepperig raak het. Dis toe in olie gebak wat seker van die Oriental Pioneer se wrak ontsnap het. Die chips is ook langslede oorlye en oor die ou bietjie vleiserigheid sal ek nie hier wil verlsag doen nie. Elke paar minute verjaar een en dan raas dit vreeslik as een of ander fiktiewe Amerikaanse roohuidstam orverdowend skree op die verjaarder.

    Uit pure verveling begin ek die spyskaart lees. Net om te sien ek kon groente gehad het in die plek van al die olierige artefakte in my bord.

    Oos wes, tuis bes.

    2016-11-15 7:25 GMT+02:00 Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog :

    > Toortsie posted: “My lewe lank het ek geëet wat op my bord is. > Koshuisbrak. Lief vir eet. My huidige etery maak myself soms skaam. Dis al > baie lank dat ek om ‘n baie persoonlike, spesifieke, rede ‘n paar goed vas: > Koffie, biltong, droëwors, sjokolade (net ‘regte’ sj” >

    Like

          1. Ek het al gevegeet van die Wafra. Mens se brein kort later scandisk & defrag. Die lewe is mos een wrede Photoshop affêre. Daai poster bokant my wasbak is psychodelic en die Wafra is kraamsaal vir geelstert, kabeljou. Dis al wat oor is van darie sorgelose dae.

            Like

    1. Baie keer kom die bord kos soos dit op die spyskaart staan, sonder enige uitsonderings. Die steak moet bv op klein ronde aartappels bedien word, dit kan nie anders nie, dit maak die sjef se kop deurmekaar. Ek aanvaar dit heeltemal en skuif dan net die aartappels eenkant toe.

      Like

      1. ek verstaan dit, maar as jy vergarier is en se jy wil net groente he, gaan hulle in ‘n flat spin en kry senu-ineenstortings. Ek dink dis deesdae beter. In my jong dae was dit ‘n vreemde begrip in ‘n restourant. En dan maak hulle vegetariese disse wat oneetbaar is. Plaas hulle net gewone plein ou groente gee!

        Like

  2. Woon ons eenkeer lank terug ‘n seminaar by op ‘n afgeleë konferensie-fasiliteit. Ons kry vir middagete groot steaks met rys en groente en so ‘n belofte van ‘n slaaitjie. My kollega is ‘n vegetariër en stuur haar kos terug sodat dit vervang kan word. Toe bring hulle haar oorspronklike bord terug – die steak is verwyder (die ou bloederige sousie was nog sigbaar op die rand van die bord) en ‘n ekstra tamatjie op ‘n slaaiblaar is bygesit.

    Like

    1. Ek verstaan ook dat dit moeilik is as jy ‘n groot hoeveelheid mense het wat jy moet bedien, om dan aan individuele versoeke te voldoen. Ek sal dit nie sommer verwag nie. Daarom vra ek maar vir die kelner of dit moontlik is. Soms is dit, ander kere nie. Soms kos dit R5 ekstra, ander kere nie.

      Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!