Toortsie se Voelgoedstorie nr 7 – Elektronika

Soos gepubliseer in Finesse se Goedvoelblogs. 

Elektroniese afhanklikheid

Waar is die dae toe ons nog ‘n slingertelefoon gehad het? Toe ek in my boerestem vir my pa kon roep by die stoor, toe tweerigtingradio’s ‘n wonder was en faksmasjiene ‘n rariteit?

Ek het ‘n elektroniese insinking gehad. Alles het gelyk gebeur. My tablet het net besluit om dood te gaan en my selfoon skakel homself herhaaldelik aan en af. Moet ek ‘n nuwe tablet koop? Indien nie, hoe gaan ek my baie e-boeke lees wat op hom is? Dalk ‘n groter selfoon koop in die plek van ‘n tablet? Ek het heeltemal oorgeskakel na e-boeke, maar is dit die moeite werd om elke twee jaar ‘n nuwe toestel te moet koop om dit te lees?  Die Gobii wat ek eens op ‘n tyd vir min geld gekoop het, het in die gat in die lug in verdwyn. Moet ek dalk weer terugskakel na regte boeke? E-Boeke is so maklik, so lekker, so byderhand.

Intussen lê my rekenaar op Struisbaai vergete en ek wou toe maar solank my ou rekenaar gebruik,  al my goed is mos op Dropbox! Né? Maar my internet is af! So, Dropbox is nie daar nie! Die drukker se ink is op.

Berge val op my!

Hoe afhanklik het ons nie van hierdie goed geraak nie! Dis wonderlike hulpmiddels as hulle reg werk, maar as hulle jou in die steek laat sit jy behoorlik met jou hande in die hare!

Genadiglik bly dit nie vir altyd so nie. Genadiglik is daar altyd hoop. Skielik leer jy sommer weer dankbaarheid vir dinge wat jy as vanselfsprekend ervaar. Mens leer geduld ook, want alles gebeur nie so dadelik as hierdie goed nie werk nie. Mens leer ook om planne te maak om verby die probleem te kom.

Mooi loop. Geniet jou elektronika. En onthou, daar is áltyd hoop.

Toortsie

Toortsie se Bantingboerekos Facebook page

Toortsie se Facebook page

Finesse Blogger van die week

Toortsie by Finesse: Dis oestyd in die Overberg

Toortsie’s LCHF Journey 

Toortsie op Pinterest

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Toortsie se voelgoedstories. Bookmark the permalink.

3 Responses to Toortsie se Voelgoedstorie nr 7 – Elektronika

  1. travel460 sê:

    Toortsie, nou praat jy. Hoe meer ek skryf, hoe meer afhanklik raak ek van al my elektronka. En my selfoon! My fotos wat so my hele ou wêreldjie verteenwoordig. Ek is darem terug boeke toe. So skuins agter my in die Mall, is ñ groot ‘Bargain Books’, en ek weer deesdae hul grootste ondersteuner. ñ Boek is maar net anders as die e-boeke. Nou groei my biblioteek weer, en ek stof met genoegdoening stoffies af.☺

    Like

    • Toortsie sê:

      Ek verkies maar ‘n e-leser. Die ding is, ek besef nie hoe dik die boek is nie, maar die belangrikste van alles is dat ek dit kan groter stel. Ek vind ‘n boek wat baie klein gedruk is, al hoe moeiliker om te lees. En die lekkerste van alles is dat al my boeke byderhand is.
      Toe ons nou in Australië was, het manlief se leesstof opgeraak. Ek gee hom toe my tablet en het hy nou gelees en gelees in my boeke! 🙂

      Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s