Wat is die waarheid?

As ek in die verlede die storie van die Koningin van Skeba gelees het, het ek effens grillerig geword. Koning Salomo het so vir haar ál die skatte gewys, wie sê sy is nie ‘n spioen nie? Maar nou, hoe meer ek oor haar dink, hoe meer beïndruk sy my.

Sy was duidelik nie net ‘n koningin wat sit en mooi lyk het nie! O nee, sy was ‘n vrou met durf, een wat haar verstand ‘n bietjie gebruik het, een wat gedink het oor dinge, ‘n aanwins vir haar land. En ek vermoed dat sy dalk ook lief was vir reis en dat hierdie storie nou net ‘n goeie reisgeleentheid gebied het. Dis natuurlik mý idee, maar ons reisenaars (nuutskepping van die Toortsie) sal énige rede uitdink om te reis!

So Salomo was slim en hy was ryk en die mense het gepráát. Die stories het geloop, regoor die wêreld het die mense daarvan gepraat, en kort voor lank is die stories ook in die paleis by Skeba gehoor, en nie net sommer in die paleis se gange nie, in die troonkamer! Selfs die koningin hoor die stories en sy besluit, hierdie is te goed om waar te wees! Geen mens kan só slim en só ryk wees nie!

Net daar besluit sy om te gaan ondersoek instel. Vrou-alleen met haar gevolg. Sy bedink al die vrae wat sy vir die koning van Israel wil vra, laat pak vir hom geskenke in en weg is hulle! ‘n Hele koninklike karevaan met baie kamele en lyfwagte en kokke en slawe, daar trek hulle, die woestyn in! Wraggies ‘n vrou met durf daai!

Sy het vir Salomo alles loop vra wat sy wou weet, hy het haar alles gewys wat sy wou sien en baie meer. Sy was oortuig: Die stories wat hulle van hom vertel, is waar. God is met hom, God maak hom voorspoedig.

Sy was slim en ryk en het nie gehuiwer om te gaan ondersoek instel en politieke bande te versterk nie. Of daar stertjies aangelas is, weet ek nie, ek was nie daar nie. Salomo hét ‘n oog vir ‘n mooi vrou gehad, maar om sommer haar integriteit in twyfel te trek, kan gevaarlik wees. In die Bybelteks self staan daar niks, maar in die kommentare in Bybel in Praktyk en die Leefstyl Bybel vir vroue blyk dit dat daar stories was, ek en Una het juis daaroor gewonder! 🙂 Die Leefstyl Bybel vir vroue wil die stories toeskryf aan jaloesie, aan mense wat dalk bedreig gevoel het deur haar kennis en rykdom. Hoe sal ons nou weet? Salomo het nie bedreig gevoel nie. Hy het haar waardig ontvang en met groot geskenke teruggestuur na haar land.

Nog ‘n brawe vrou van die Bybel, een wat ‘n mens amper mis lees.

1 Konings 10.

Toortsie

Toortsie se Bantingboerekos Facebook page

Toortsie se Facebook page

Finesse Blogger van die week

Toortsie by Finesse: Dis oestyd in die Overberg

Toortsie’s LCHF Journey 

Toortsie op Pinterest

9 thoughts on “Wat is die waarheid?

  1. Ja! Jy’t die storie toe sowaar geskryf, en op ñ dekselse interressante manier ook. Regtig Toortsie, op hierdie manier gaan ons van die Bybelstories baie goed onthou. Want jy skryf só dat dit sin maak selfs in vandag se dae. Ek het dit nou so geniet…(hoop hierdie hartjie wat ek stuur kom reg aan die anderkant van Suid Afrika by jou uit…hier gaan hy). ♥

    Like

  2. Sy is voorwaar ‘n geheimsinnige vrou. Eendag sal ons weet of sy werklik van Ethiopia afkomstig was en vir koning Salomo ‘n seun in die wêreld gebring het. Tot dan wonder ons maar.
    Jy laat my nou onthou dat ek nog oor twee bybelkarakters moet skeyf voordat ek kan sê my A-Z challenge is voltooi 😦

    Liked by 1 person

      1. Ek het ‘n program gevolg waar hulle vir die verlore ark (tempel) in Ethiopia gaan soek het. Party glo die Jode van daar is nageslag van Salomo en haar kind. Ek lief bybelgeskiedenis maar ‘n mens kry te doen met soveel verskillende opinies.

        Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!