Toortsie se goedvoelstorie nr 6 – Veer

Soos gepubliseer in Finesse se voelgoedblog.

Die jaar van die veer

Ek het altyd, as ander mense opgewonde raak oor ‘n veer, eintlik ‘n veer gevoel. Hier op ons plaas is baie vere, ek kan regtig nie opgewonde raak oor elkeen van hulle nie.

Tog, in hierdie jaar het ‘n veer vir my ‘n ander betekenis gekry. Op die ‘veerste’ maniere word ek bewus van God se teenwoordigheid, Sy beskerming. Toe ek een dag my kar se deur oopmaak, waai die vere behoorlik. Twee dae later word ons hele kerk vol spierwit vere geblaas om ons te herinner dat God ons met Sy vere toemaak, soos ‘n hen haar kuikens.

Hierdie jaar het vir my die jaar van die veer geword. Elke keer, net waar ek dit nodig het, bevestig God Sy teenwoordigheid. Op ‘n mees kritiese oomblik lê daar ‘n veer aan die binnekant van my badkamervenster.  Twyfel ek oor iets, is ek bang, weet ek nie watter kant toe nie, lê daar ‘n veer. God is só getrou, ‘n mens kan dit net nie miskyk nie.

Een dag voel ek ‘n deurbraak in ‘n krisissituasie. Ek staan in my tuin en toe ek rondom my kyk, sien ek net vere lê! Toevallig? Dalk, maar ek twyfel baie sterk. Was dit dalk Internasionale Veerstrooidag?  Wat sou ‘n voël nou juis op daardie oomblik laat besluit het om omtrent sy hele veredos te kom afgooi en uitstrooi soos confetti net daar waar ek sou staan, op presies die regte oomblik toe ek dit op die heel nodigste gehad het?

Vir die wêreld klink sulke goed vreemd. Dalk dink hulle ek is die kluts totaal kwyt. Dalk is hulle heeltemal reg! Maar ék weet my Verlosser leef en dat Hy Homself op baie maniere  sigbaar maak, selfs deur ‘n eenvoudige veer!

Wat is jou veer-ervarings? Deel dit met ons, asseblief?

Mooi loop!

Toortsie

Toortsie se Bantingboerekos Facebook page

Toortsie se Facebook page

Finesse Blogger van die week

Toortsie by Finesse: Dis oestyd in die Overberg

Toortsie’s LCHF Journey 

Toortsie op Pinterest

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Geleefde Christenskap, Toortsie se voelgoedstories and tagged , , . Bookmark the permalink.

5 Responses to Toortsie se goedvoelstorie nr 6 – Veer

  1. Toortsie sê:

    Ek skeduleer so verkeerd!

    Like

  2. Kameel sê:

    Ja vir die wêreld sal hierdie miskien nie sin maak nie, maar ‘n kind van God weet wanneer en hoe die Vader met hom of haar praat. Hy is so getrou!!!

    Like

  3. ekmyselff sê:

    Mooi-Mooi! Ek het al daaroor geblog maar ek sal weer! Lief n veer!

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s