Ledigheid is die duiwel se oorkussing

Ek het geskryf van Bybelse vrou wat slim genoeg was om ‘n oorlog af te weer, toe daag Seegogga  en Natasja my uit om van nog vroue te skryf. My idee was om oor vroue te skryf wat guts gehad het, nie oor vroue wat ‘n negatiewe smaak in die mond agterlaat nie.

Potifar se vrou is só iemand, sy laat ‘n slegte smaak agter. Vandag gaan ek seker van oordeel beskuldig word. Maar voor jy die vinger wys, God het die sondaar lief, maar haat die sonde, en dis ons plig om verkeerdhede uit te wys. Daarmee verdoem ek nie die vrou nie.

Josef beland in Egite nadat sy broers hom verkoop het, en beïndruk vir Potifar, die hoof van die lyfwag. ‘n Man van aansien. God was met Josef, Josef was getrou, en Josef het leierseienskappe gehad, hy het mos hoeka daarvan gedroom!

Potifar se vrou was ‘n ander enetjie. Sy was ‘n bietjie verveeld. Om die vrou van ‘n hoë amptenaar te wees, was toe nie so opwindend soos sy gedink het nie. Dalk het haar man te veel aandag aan sy werk gegee? Of hy mooi was, weet ek nie. Oud? Dit word nie beskryf nie.

Mev Potifar sien toe die mooie Josef raak, dieselfde Josef vir wie Potifar hoof oor alles in sy huishouding gemaak het, behalwe oor sy vrou. Potifar is werk toe vir die dag, die ledigheid het by mevrou P oorgeneem, die duiwel het sy fluisterwerk gedoen, en Mev P nader vir Josef: “Kom slaap by my.” En Josef sê, “Nee”. (Ag, hoe kry ek nou respek vir hom, sy moes mos ook mooi gewees het, aanloklik, ryk, versorg.)

Dag vir dag het sy aangehou, maar Josef het sterk gebly.

Een dag toe hy in die huis ingaan, is almal weg, selfs die ander slawe, en Mev P kon haar liste nie meer beheer nie. Sy gryp hom aan die klere, hy vlug buitentoe, maar sy het tog een van sy kledingstukke in die hand … wat hom die tronkstraf besorg.  (Exodus 39)

Selfs die Koran vertel die verhaal. Die feit dat sy klere aan die agterkant geskeur was, het hom onskuldig gemaak. Tog is Josef in die tronk gegooi, om hom teen haar te beskerm! Want, volgens die Koran, het sy ‘n ete vir haar vriendinne gereël. Toe hulle hom sien, het hulle hulleself, uit bewondering vir Josef, met die messe gesny! (Sura 12, Afdeling 4)

Mev Potifar moes vir haar iets kry om haar mee besig te hou. Wat sy gedoen het, was verkeerd. Sonde. Sy het haar man verkul, gelieg …

Toortsie

Toortsie se Bantingboerekos Facebook page

Toortsie se Facebook page

Finesse Blogger van die week

Toortsie by Finesse: Dis oestyd in die Overberg

Toortsie’s LCHF Journey 

Toortsie op Pinterest

 

29 thoughts on “Ledigheid is die duiwel se oorkussing

  1. Ek lees julle klompie se lekker pittige kommentaar, en moet lag. Skerper as skerp geantwoord. En Toortsie, jy kán stories oorvertel! Gevoel soos ñ hedendaagse hygroman wat ek lees. Ek vra ook dat jy nog ñ paar vrouens op hierdie manier aan ons voorstel.

    Liked by 1 person

          1. Ek sal bietjie loer. Daar was mos die destydse boek ‘King Soloman’s mines’ of so iets. Daar was ñ storie in oor die koningin van Skeba. Of het ek dit nou heeltemal verkeerd? Sal gaan kyk.

            Like

Gesels saam, asseblief!