Die Reader, vreugdes, vrae, frustrasies

Sedert ek die Reader ontdek het, het my bloglewe totaal verander. Vir die eerste keer volg ek al wat blog is en lees op plekke wat ek nooit voorheen gelees het nie. Tog te lekker! Al die nuutste bloginskrywings is net ‘n tikkie van die vinger ver.

Tog is daar ook vrae en frustrasies.

Vraag een: Gebruik jý die leser? Hoe vind jy dit? Watter raad kan jy vir my gee?

O, as jy nie weet van die leser nie, ek help jou gou. As jy op jou foon of tablet is, en jy is in die WordPress App, is daar bo-aan die skerm ‘n blou stukkie. Heel links is die WordPress sirkeltjie. Net langs hom is ‘n blokkie. Dís die leser. Kliek op hom en wêrelde gaan oop! Dis ook op jou rekenaar. As jy in WordPress is, heel links bo is die beheerpaneel. Net regs van hom is die leser. Die rede hoekom ek nog nooit blogs gevolg het nie, is oor die baie eposse. Gelukkug het Toortsie ook in die kraal gekom en die eposse afgeskakel. Helloooo! Toortsie has arrived at last! Nou kan ons almal huistoe gaan.

Frustrasies.

Ek sou daarvan hou dat die bloginskrywings wat ek reeds gelees het, kan afskuif of verdwyn van die leser.

Dit lyk my dat die blogs wat ek meer gereeld lees, se inskrywings bo kom lê. Dit is dan ook blogs wat sommer ‘n paar keer per dag publiseer, so ek voel soms verswelg deur hulle. En bo dit alles, wys hul dan ou, gelese bloginskrywings ook. So blogs wat nie so gereeld publiseer nie, val ondertoe en dan kan dit gebeur dat ek dit net nie sien nie. Het julle raad? Is daar iets wat ek dalk kan verander, settings stel of iets?

Gestel ek volg ‘n blog. Hierdie persoon het iets van ‘n ander blog reblog. Nou is daardie bloginskrywing halfpad, dan herlei dit jou na die oorspronkloke blog, wat net reg is. Dán kan ek nie kommentaar lewer by die oorspronklike blog nie, ek moet eers weer inlog. Regtig! Dis simpel! Het julle raad?

En terwyl ek dan nou so my frustrasies uitstort, dit raak nou regtig ‘n pyn om bloginskrywings op faceboek te sit. Ek dink dis ‘n FB probleem, nie WordPress nie. As ek dit by my eie naam wil opsit, is dit nog moontlik, maar sodra ek iets wat oulik is, op my faceboekblad wil sit, is daar ‘n stok in die wiel. So ek moet nou eers op ‘n manier die url kry, dit copy, uitgaan, faceboek oopmaak, blad oopmaak, paste. Onlekker.

Klaar gekla vir die jaar!

Nee, genade! Ek kan nie so negatief eindig nie!

Ek is mal daaroor as jy kommentaar lewer op my blog. Ek probeer so veel as moontlik blogs raaklees, maar kan onmoontlik by almal uitkom nie. Dan raak jou stukkie nog iewers weg ook of ek sien jou dalk nie raak nie! Maar as jy saamgesels, dan vind ek jou sommer vinnig en maklik. Maak tog ook net seker of jou hele URL (blogadres) ingevul is as jy kommentaar lewer. Maak jou blog oop, kleur jou hele blogadres in, regskliek. Dan, by kommentaar, waar hulle die URL vra, regskliek en paste. Dan vind ek jou sommer gou!

Toortsie

Toortsie se Bantingboerekos Facebook page

Toortsie se Facebook page

Finesse Blogger van die week

Toortsie by Finesse: So begin die mindermakery

Toortsie’s LCHF Journey 

Toortsie op Pinterest

17 thoughts on “Die Reader, vreugdes, vrae, frustrasies

  1. Ek stel myne op “Sites I Follow’ of “Followed Sites” of so-iets want anders kry ek te veel inligting en dan vreet WordPress ook graag data. Hoe meer posts met groot prente, hoe meer betaal jy.

    On 7 Nov 2016 05:30, “Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog” wrote:

    Toortsie posted: “Sedert ek die Reader ontdek het, het my bloglewe totaal verander. Vir die eerste keer volg ek al wat blog is en lees op plekke wat ek nooit voorheen gelees het nie. Tog te lekker! Al die nuutste bloginskrywings is net ‘n tikkie van die vinger ver. Tog is”

    Like

  2. Ek is eerlik as ek sê ek weet nie waar jy die tyd kry om so baie te skryf nie, watwou nog so baie blogs lees. Ek vind die klompie wat ek volg meer as voldoende. Ek begin werklik glo jy het twee persone in een…. want een kan onmoontlik al hierdie dinge doen. Stuur maar groete vir Ursula want ek glo sy is die culprit!!!

    Like

    1. Kameel, ek lê vroegoggend en lees sommer in my bed. Ek lees nie tydskrifte en koerant nie en kyk minimum tv. En ek spandeer te veel tyd op blogs! Ek skryf net as die woorde letterlik in my kop kom en dan moet ek vinnig tik of dis weg. En ek dink ek lees dalk nie elke liewe bloginskrywing van elkeen nie. 🙂 So op my manier en met Ursula se hulp kry ons baie gedoen. 🙂

      Liked by 1 person

    1. Hoe ek dit sonder die reader gedoen het? 🙂
      Ek het in die beheerpaneel gewerk, gelees by iemand wat by my reageer, soms onthou van iemand, altyd by ‘nuwe skrywes’, top skrywes en top blogs gelees en as ek by iemand anders gelees het, sommer weer op die mense gekliek wat daar kommentaar lewer. Soms wonder ek of ek nie toe meer blogs gelees het nie? 🙂

      Liked by 1 person

  3. Hello Toortsie
    Ek sukkel bietjie met die blog ding.
    Ek het onlangs begin en is nog nie lekker by nie.
    Is hierdie ‘n link na al my blogs of net die een getitel “Haar kant”
    https://plus.google.com/114546562984130730292
    As ek sou wou oorskuif na wordpress, kan ek met al 19 my inskrywings oorskuif of moet ek van voor af begin?
    Die blog webwerf wat ek gebruik wil nie altyd die fotos wys nie en somtyds ook nie followers toelaat om kommentaar te lewer nie.

    Sorry ek het so ‘n lang storie. Vriendin en medeblogger Travel 460 het jou aanbeveel.
    My email is marieta.stanford@gmail.com.
    Vreeslik dankie byvoorbaat en lekker daggie verder

    Woestynkind

    Like

    1. Hello Marieta. Dankie vir jou navraag, ek hoop ek kan jou antwoord!
      As ek op jou skakel kliek, kom ek by jou blog uit. Jou verskillende bloginskrywings wys daar.
      Dis egter blogspot en ek weet niks van blogspot af nie.
      So, as ek reg verstaan, moet jy nuut begin by wordpress, sou jy wou. Hier is (baie ou) aanwysings hoe om ‘n nuwe blog te begin. Sommige kon al verander het, dis baie lank terug geskryf. https://toortsie.com/2015/07/16/hoe-begin-jy-n-nuwe-blog/
      So oor tyd het ek baie keer oor blogging geskryf, as jy hier kliek sal jy die bloginskrywings kry. Dalk help dit jou: https://toortsie.com/category/blogging/
      Baie dankie vir Una vir die aanbeveling! Ek waardeer dit!
      Ek geniet WordPress, ons het ‘n lekker bloggergemeenskap, ek het ongelukkig nie kennis van die ander webwerwe nie.
      Groete
      Toortsie

      Like

  4. Lekker lees… en kuier by die ander blogs.
    Ek het nog epos aan… so elke nou en dan maak ek skoon. Op die oomblik, na die trekery, is daar omtrent 980 ongeleesde eposte wat ek moet deurwerk… aaaaahhhh!! 😉

    Like

  5. Ooooo ek lees eke dag hierdie tyd blogs … met my leser natuurlik Ek moet erken dat ek ‘n paar mense ophou volg het. Dit werk goed vir my. Ek maak seker dat ek like sodat ek onthou wat ek al gesien het.

    My blogs is aan FB gekoppel en verskyn altyd daar.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!