Hondjies en krummeltjies

Matteus 15:28: ‘”Mevrou”, sê Jesus vir haar, “jou geloof is groot. Jou wens word vervul.”‘

As daar nou ‘n brawe vrou in die Bybel is, is dit die Kanaänitiese vrou wat Jesus se hulp kom vra het om haar siek dogter te genees. Sjoe! Waagmoed uit die boonste rakke!

Haar dogter was in die mag van ‘n bose gees. Sy was moedeloos, verby moedeloos. So moedeloos dat sy bereid was om die ondoenlike te doen en Jesus te nader. ‘n Vrou doen nie so iets nie, ‘n onrein vrou nog minder! Sy was ‘n Kanaäniet, iemand op wie die Jode neergesien het.

Die reuse in haar lewe is groot! Duidelik! En wanneer sy haar moed bymekaarskraap om by hierdie Man hulp te soek, raak die reuse aggressief.

Eers ignoreer Jesus haar. Die dissipels raak ongeduldig en maan Hom om haar weg te stuur.

Maar sy hou aan vra: “Help my, asseblief. U kán mos! U is dan die Here, die seun van Dawid. Asseblief, help my!”

Toe antwoord Jesus haar dat die nie mooi is dat die hondjies die kinders se brood opeet nie. (Vir baie jare het ek oor hierdie vergelyking gewonder. Jesus se werk was op daardie stadium om die Jode ‘kinders’ van diens te wees met geestelike voedsel ‘brood’, en dit nie uit te deel vir die ander volke ‘hondjies’ nie.)

Sy verstaan dadelik wat Hy bedoel, maar hou aan dat sy heeltemal bereid is om van die krummels te eet wat op die grond val.

Jesus sien haar nood, haar geloof, haar deursettingsvermoë. Hy gee gehoor aan haar nood. Hy red nie net haar dogter nie, maar ook vir haar.

Haar geloof het haar gered. Geloof kry die onmoontlike reg! Met Jesus se hulp word haar reuse oorwin!

Liewe Here, mag ek ook net so ‘n bietjie geloof in U openbaar soos hierdie Kanaänitiese vrou, wat geweet het dat selfs die krummeltjies wat van die tafel afval, genoeg sou wees. Mag hulle wat hier lees, U grootheid ervaar en U glo, U vertrou, selfs meer nog as hierdie brawe vrou. Amen.

Toortsie

Toortsie se Bantingboerekos Facebook page

Toortsie se Facebook page

Finesse Blogger van die week

Toortsie by Finesse: So begin die mindermakery

Toortsie’s LCHF Journey 

Toortsie op Pinterest

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Geleefde Christenskap, Toortsie se dagstukkies op Sondae, Vroue in die Bybel and tagged , . Bookmark the permalink.

3 Responses to Hondjies en krummeltjies

  1. travel460 sê:

    Toortsie, terwyl ek hier by jou lees, wel die dankbaarheid en blydskap op in my gees. Here, dankie vir U genade dat ons U mag ken vir wie U is. Dat ons weet dat selfs die krummeltjies van U tafel vir ons genoeg is.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s