Toortsie en die Ingels

Een van die goed wat hierdie bloginskrywing noem om jou blog volhoubaar te maak, is dat jy net moet skryf. Sommer net skryf, foute en al. Jy kan ná die tyd weer regmaak as die woorde klaar uitgeval het op jou rekenaar. ‘n Tweede een van die 8 uitstekende voorstelle wat hy maak, is om jouself uit te daag.

Kameel voel nou al om die berge in te vlug omdat Toortsie, van alle mense, in die rooi taal probeer skryf en ek vlug sommer saam met haar! Ekself beklemtoon die ‘probeer’. Eintlik sê ek al vir jare dat ek nie omgee om dit te praat nie, ek wil dit net nie skryf nie. Ons Afrikaanssprekendes is mos al van doei tye af sensitief oor ons ‘tenses’!

Toe die Engelse Toortsie verskyn, het ek besef ek sal die Engelse gehoor op ‘n manier moet aanspreek en dís hoe Toortsie’s Low Carb Journey ontstaan het. (toortsie1.wordpress.com) Maar baie baie jare gelede het die merrie al vir my gesê dat mens dit baie ingewikkeld maak as jy meer as een blog het. So het ek al in my blogleeftyd meermale met ‘n tweede blog begin, net om dit sommer weer te los. Dit werk vir my beter om maar die hele boksemdaais op een blog te sit, nogals een van die 8 goed wat daardie bloginskrywing ook noem: Verskeidenheid. Toortsie’s Low Carb Journey bestaan steeds, maar kry nie naastenby soveel blootstelling soos hierdie blog van my nie. Dís hoekom ek al daardie bloginskrywings hier reblog.  Sjoe, ‘n Engelse bloginskrywing vra baie toewyding, tyd, stamina, konsentrasie, net vir ‘n moontlike 5 mense wat dit lees!

Ek het hierdie bloginskrywing begin deur te sê mens moet net skryf en later edit. Dit werk nie so met my Engelse blogs nie. Dáár moet ek al die pad dink en konsentreer. So ek vergeet soms halfpad wat ek eintlik wou sê en daardeur word spontaniteit redelik ingeboet.

Tog voel ek dat ek, deur soms Engels te skryf, my grondgebied kan vergroot. Alles gaan beslis nie oor syfers nie, maar dalk, net dalk, beteken my skriffels dalk iets vir ‘n Ingelsman! Ek het ook nooit voorheen Engelse blogs gelees nie en deesdae kom ek nou by oulike Engelse blogs uit.

Die tweede punt is die uitdaging. Om in Engels te skryf is vir my ‘n massiewe uitdaging. Regtig waar. Dit kom nie maklik nie. So my uitdaging tans is om meermale van die Daily Post onderwerpe aan te pak en anders as in die verlede, dit in Engels te doen. Hopelik verbeter my taal en my vrymoedigheid. In die proses ontwikkel ek hopelik ook as mens!

So, liewe blogmaats, hê maar ‘n bietjie geduld met my, aseblief. Dalk gaan dié malligheid gou oor!

Intussen, lekker skryf en dankie dat julle hier by my lees. Dit bly steeds ‘n voorreg dat mense my goed lees.

Groetnis

Toortsie

Toortsie se Bantingboerekos Facebook page

Toortsie se Facebook page

Finesse Blogger van die week

Toortsie by Finesse: So begin die mindermakery

Toortsie’s LCHF Journey 

Toortsie op Pinterest

18 thoughts on “Toortsie en die Ingels

  1. Jy skryf alles presies hoe ek ook voel en doen. Dit vat my maklik n hele oggend om n Afrikaanse stuk te skryf. Om Engels te skryf is dubbeld die moeite as in Afrikaans. Die WordPress Challenges is beslis ideaal om te gebruik. Jy vorder egter goed met die Ingels.

    Like

  2. Ek dink steeds dat jy ook in Engels net moet skryf soos dit in jou kop kom en nie gepla moet wees oor tenses, sp of woordkeuse nie. En as jy klaar is ga jy oor, tjek sinskonstruksie, sp, tenses ens. Net n vragie. Waar kry jy d Engrlse blogs? By jou low carb Engelse blog of jou gewone Afr Toortsie wat nou Engels ook het?

    Like

    1. Omdat ek Engels skryf, begin Engelse mense lees. Hul like die bloginskrywing en dan gaan kyk ek by hulle. Of hulle ‘follow’. Daar lewer ek kommentaar, iemand anders sien dit raak …
      Wag ‘n bietjie, dink ek, reblog ook graag oulike blogs wat Engels is, so dis ook ‘n beginpunt.

      Like

    2. By Low Carb is daar nie baie reaksie nie. Ek kyk soms in daardie beheerpaneel vir die top blogs of top posts. Maar eerder soos ek genoem het, deur die mense op te soek wat by my reageer.
      As ek oor makliker onderwerp, soos my Low Carb skryf, kom die woorde makliker. Daily post het soms moeilike onderwerp waaroor ek tog wel wil skryf. Dan kos dit dinkwerk.

      Like

  3. Nou is ek ook gemotiveerd om die Engels aan te pak. Ek loer kort-kort op van die Engelse ouens se blogs, en jy is reg, daar is ñ paar juwele onder hulle. Selfs al bly hulle in ñ totaal ander land, voel dit of ons tog heelwat raakpunte het.

    Liked by 1 person

  4. Ek laaaaaaik wat jy sê oor die tenses. Wat die Ingelse besiel het om te sê “she or he is but they are” ens, sal net hulle weet. Ek leer bybelverse op Memverse…. Jy tik die vers uit jou kop uit… maar weë jou as jy durf waag om ‘n woordjie verkeerd te sê. En waar maak ek die meeste foute? Tenses!!!

    Liked by 1 person

  5. Dis goed om meer as een taal te ken…eintlik ‘n voorreg.Ek blog net in Afrikaans omdat ons so gebombardeer word met Engels en ek een hoekie gevind het vir my taal.Doen egter so voort Toortsie.Ek geniet jou Engelse skryfsels!

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!