Dis oestyd in die Overberg

Ek weet dit gaan baie swaar met die boere oor die hele land. My hart pyn vir hulle, want ook ek weet wat droogte is. Tog kan ek nie stilbly omdat God ons geseën het met ‘n goeie oes nie. Dinge het vir ons so verskriklik sleg gelyk op ‘n stadium, maar God het dit verander. Mag God elke boer in ons land seën, mag elke boer God se hand styf vashou.

Foto’s deur Lize du Toit, Photography by Lize.

uitkyk_2016-48
Stroper besig om graan op te tel.
uitkyk_2016-39
Twee stropers van agter afgeneem. Die graanrye wat ‘ligter’ van kleur is, is nog nie gestroop nie. Dit het nog pitte in. Die ander rye, die donkerder rye met die twee spoortjies weerskante, is strooi wat reeds uitgeoes is.
uitkyk_2016-27
Die stopers is vol en moet die uitgeoeste graan uitpomp. Dit word gedoen in die ry, daar word nie gestop om dit te doen nie. Trekkers met ‘vangwaens’ ry dan langs die stroper. Terselfdertyd word daar gestroop (oes), en uitgepomp. Dis nogals ‘n kophoustorie, veral as daar ‘n draai voor in die pad is. Die trekkers met die vangwaens neem dan dit na die groot massawa waarin dit oorgepomp word, tot die vragmotor dit kom oplaai om na die silo’s te neem.
uitkyk_2016-17
Stroper besig om te oes.
uitkyk_2016-14
Die graan word afgetap in ‘n vangwa wat langs die stroper ry.
uitkyk_2016-2
Canola

uitkyk_2016-35    uitkyk_2016-8  uitkyk_2016-7 uitkyk_2016-6 uitkyk_2016-4

Hierdie bloginskrywing is gedoen met ‘n ontsagbare dankbare hart. Geen woorde is genoeg om dit te beskryf nie. As ‘n mens so 100% afhanklik is van die natuur, kan jy nie anders as om in verwondering te staan wanneer God ons seën nie. Aan Hom die lof en die eer en die aanbidding.

Toortsie

Nog oestydblogs met foto’s:

Oestyd!!

Saterdagoggenduitstappie – Oestyd 2015 is hier!

Reën in die oestyd.

Toortsie se Bantingboerekos Facebook page

Toortsie se Facebook page

Finesse Blogger van die week

Toortsie by Finesse: So begin die mindermakery

Toortsie’s LCHF Journey 

Toortsie op Pinterest

 

16 thoughts on “Dis oestyd in die Overberg

    1. Die masjiene op die foto 3e van onder, is donkies. 🙂
      Ja, daar word met massiewe masjiene gewerk en ek staan soveel keer verstom dat hier regtig min ongelukke gebeur tydens oestyd.
      2 groot goed wat gedurende hierdie jaar se oes gebeur het, is dat daar blykbaar in Caledon se distrik ‘n stroper uitgebrand het. Dis iets wat verskriklik maklik gebeur, dis droë graan en olie en masjiene wat warm raak, baie wrywing tussen parte …
      En ‘n ander persoon se stroper het in ‘n diep kloof ingehardloop. Hy kon betyds afspring. Genadiglik het sy vrou en 2 dogtertjies minute voor dit afgeklim. Geen mens sou dit kon oorleef as hul steeds in die stroper was nie. Saam met die ongeluk is daar altyd genade ook.
      En dannis hier baie draaiende wurms. As so iets net ‘n stukkie van jou klere gryp, is dit tiekets.

      Like

      1. haha @donkies – ek het in Namakwaland grootgeword sussie; ek het op hulle gery (en afgeval). Dit klink gevaarlik en terselfdertyd baie opwindend, ek wou amper gesê het “triomfantlik” om die oes in te samel, iets wat jy geplant en sien groei het.

        Liked by 1 person

  1. Ai dit bly darem maar mooi as die stropers so loop. My broer ry tans koring daar in Bredasdorp se omgewing en ek kry gereeld fotos van die lande af.

    Like

Gesels saam, asseblief!